Die Lebombo-aalwyn (Aloe spicata) is aalwyn wat deel van die Asphodelaceae familie is. Die spesie is inheems in Limpopo, Mpumalanga KwaZulu-Natal, Eswatini asook die suide van Zimbabwe en Mosambiek.https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:529914-1
Die plant kan droogtes verduur en word tot 2 m hoog met 30 blare wat 'n digte roset vorm om die stam. Die heldergroen blare word 600 - 800 mm lank, is gebuig met tandjies op die rande. Geel blomme word van Junie tot Augustus gevorm, wat 'n maksimum van 50 mm in deursnee en 500 - 1200 mm lank is.
Die aalwyn is ook geklassifiseer as 'n boom en sy FSA-nommer is 30.4.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ In Engels staan die aalwyn bekend as die Lebombo aloe.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van aalwynspesies
Verwysings
Bronnelys REDLIST Sanbi PlantZafrica
Eksterne skakels
spicata Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe