Martha Bartlett is 'n Suid-Afrikaanse politikus. Sy is sedert 14 Junie 2024 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika, nadat sy voorheen die Noord-Kaapprovinsie verteenwoordig het in die Nasionale Raad van Provinsies sedert haar aanstelling in Junie 2020. Bartlett is 'n lid van die African National Congress.
Bartlett is in Mei 2014 tot die Noord-Kaapse Provinsiale Wetgewer verkies. Premier Sylvia Lucas het haar in die pos van LUR vir Vervoer, Veiligheid en Skakeling aangewys.Premier Sylvia Lucas’ formal announcement of Members of the Northern Cape Provincial Executive Council, Provincial Legislature, Kimberley. Suid-Afrikaanse Regering. Besoek op 25 Julie 2020. Bartlett het later in Maart 2016 die LUR vir Onderwys geword.NC cabinet reshuffling: Three new MECs appointed, one sacked. OFM. Besoek op 25 Julie 2020.
In Mei 2019 het die nuutverkose premier Zamani Saul vir haar tot die Maatskaplike Ontwikkeling-portefeulje van sy uitvoerende raad aangestel.Northern Cape Premier Saul announces new cabinet . Besoek op 25 Julie 2020 Bartlett het in Junie 2020 van die Noord-Kaapse provinsiale regering bedank aangesien die ANC haar tot die NRVP benoem het.New Members of the Provincial Legislature sworn in . Besoek op 25 Julie 2020.
Verwysings
Eksterne skakels Profiel op People's Assembly
Kategorie:Lewende mense Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Afgevaardigdes van die Nasionale Raad van Provinsies