Die Grasaalwyn (Aloe kniphofioides) is 'n spesie van die genus Aloe en kom voor in Eswatini, die Oos-Kaap, Mpumalanga en KwaZulu-Natal. Die plant groei saam met gras. Dit kom ook in die weste van Eswatini voor. Dit vorm knolle in die wortels en die grasagtige blare word net 200 - 300 mm lank. Dit blom van November tot Desember en vorm saadjies van 2 - 3 mm in deursnee. Dit benodig vuur om te kan blom. Dit is deel van die informele groep bolaalwyne.

Sien ook Lys van aalwynspesies

Bronne REDLIST Sanbi PlantZAfrica Plants of the World Online

Kategorie:Bome Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Suid-Afrika