regs|duimnael|260px|'n Bergkwikkie soek kos in 'n helder bergstroom in Lekgalameetse. Lekgalameetse-natuurreservaat is 'n bewaarde bergwildernis van 18 718 ha, geleë wes van Ofcolaco in die noordelike Drakensberge van die Limpopo-provinsie, Suid-Afrika. Dit is in die tagtigerjare deur die Lebowa-regering in die vooruitsig gestel as 'n reservaat van 25 000 ha genaamd The Downs-natuurreservaat, wat ontspanningsaktiwiteite, kampe en stapaktiwiteite sou bied. Die huidige geriewe sluit selfsorgakkommodasie, 'n boskamp met houthutte langs 'n stroompie, plaashuise wat as gastehuise dien, en 'n kamp vir skooluitstappies in.

Sedert 2001 word dit deur die Limpopo Toerisme- en Parkeraad bestuur.

Klimaat en geografie In die noorde grens dit aan die Wolkberg Wildernisarea. Die bewaringsgebied word van wes na oos deurkruis deur die Orrie Baragwanath-pas, wat egter slegs geskik is vir vierwielaangedrewe voertuie. Die westelike hellings word gedreineer deur sytakke van die Mohlapitserivier wat in die Wolkberg ontspring, en 'n paar kilometer suid daarvan by die Olifantsrivier aansluit. Dit ontvang tussen 800 en 1 000 mm neerslag per jaar, meestal in die somer, en mis is 'n gereelde verskynsel. "Lekgalameetse" beteken "die plek van water" in die sePedi-taal van die Sekororo-volk, 'n stam van die baPedi.

Fauna en flora Verskeie soorte soogdiere word hier gevind, soos die bosbok, gewone duiker, rooiribbok, klipspringer, samango-aap, bobbejaan, bosnagaap en luiperd. Die omgewing het 'n wisselende vlinder-fauna. Sedert die middel 1980's het die indringer- en windverspreide pompombossie homself hier gevestig.

Verwysings

Kategorie:Bewaringsgebiede in Suid-Afrika Kategorie:Natuurreservate in Limpopo