Die Eikenhofdam verskaf besproeiingswater aan die plase in die Elginvallei.

Hierdie dam lê in die Palmietrivier naby Grabouw, wes van die R321-pad, tussen Elgin en die Viljoenspas en by 34° 7′ 12″ suid en 19° 1′ 59.52″ oos.

Die damwal is 300 m lank en 46 m hoog en is in 1977 gebou. Dit het 'n bakmaat van 29 miljoen m³, vorm 'n stumeer van maksimaal 2,4 km² en is dan 8,57 km lank. Rondom die dam is veral appelboorde en die omgewing leen hom tot ontspanningsmoontlikhede.

Sien ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika

Bibliografie za.geoview.info

Kategorie:Wes-Kaap Kategorie:Damme van Suid-Afrika