200px|duimnael|links|Thabane in Augustus 2014 Thomas Motsoahae Thabane (gebore 28 Mei 1939) is 'n politikus. Hy was die premier van Lesotho vanaf Junie 2017 tot Mei 2020. Hy het ook die amp vanaf Junie 2012 tot Maart 2015 beklee. Hy is die huidige leier van die All Basotho Convention (ABC) politieke party.

Thabane het in die destydse regering van premier Pakalitha Mosisili gedien. Hy was 'n lid van die regerende Lesotho Congress for Democracy (LCD), maar in 2006 het hy van die LCD af weggebreek en die All Basotho Convention van stapel gestuur. Na meer as vyf jaar in opposisie het hy 'n koalisie van 12 partye in die nasleep van die 2012-parlementsverkiesing gevorm en hy is tot premier aangestel.

In die 2015-parlementsverkiesing is die ABC deur 'n sewe-party-koalisie onder leiding van Mosisili verslaan, hoewel die ABC wel die meeste kiesafdelings gewen het. Twee maande later het Thabane saam met twee ander opposisieleiers na Suid-Afrika gevlug en beweer dat hul lewens in gevaar was. Hulle het op 12 Februarie 2017 na Lesotho teruggekeer om deel te neem aan 'n mosie van wantroue wat Mosisili as premier verwyder het. In die daaropvolgende parlementsverkiesing het Thabane 'n meervoudige aantal setels in die Nasionale Vergadering gewen en as premier teruggekeer.

In 2020 was Thabane onder druk om as premier te bedank weens sy beweerde betrokkenheid by die moord op sy gewese eggenoot. Hy het op 18 Mei aangekondig dat hy die volgende dag sou bedank. Finansies minister Moeketsi Majoro het hom opgevolg.

Verwysings

Eksterne skakels The Right Honourable Dr Motsoahae Thomas Thabane

Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1939 Kategorie:Lesotho