Die Tuinroetedam verskaf water vir huishoudelike gebruik aan George in die Wes-Kaap.

Hierdie dam lê 6 km uit die middedorp van George, tussen die woonbuurt Eden en Saasveld, by die samevloeiing van die Kat- en die Swartrivier en by 33° 57′ 51″ suid en 22° 30′ 51″ oos.

Dit is in 1984 gebou met 'n volume van nagenoeg 10 miljoen m³ en 'n maksimum area van slegs 0,871 km². In 2019 is die oorloop van die damwal van 179,94 m tot 182,5 m verhoog waardeur die bakmaat tot 12½ miljoen m³ toegeneem het.

In die mooi natuurskoon rondom die dam is volop ontspanningsgeleenthede.

Sien ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika

Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Wes-Kaap