Die klipboegoe (Coleonema album) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Coleonema behoort en deel van die fynbos vorm. Die struik is endemies aan die Wes-Kaap. Die struik word tot 2 m hoog en is kompak met digte blare. Die blare is naaldvormig en ruik soet wanneer dit gekneus word. Die wit blomme is op die punte van takke saamgebondel en is 8 mm in deursnee.

Die struik groei in sandsteen of granietkoppe langs die kus. In Engels staan die struik as die white confetti bush bekend. Die spesie staan ook as die aasbossie en wit-konfettibos bekend.

Galery

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online PlantZAfrica Manning, John: Fotogids tot die Veldblomme van Suid-Afrika Briza Publikasies,

album Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika