Die Ladismithsepter (Paranomus centaureoides) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Paranomus behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom in die Klein Swartberg tussen Ladismith en Seweweekspoort.
Die struik word tot 1.5 m hoog en blom hoofsaaklik van Junie tot November. Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die plant is tweeslagtig en bestuiwing vind deur die werking van insekte plaas. Die vrugte word, twee maande nadat die plant geblom het, ryp en die sade val na die grond waar dit deur miere versprei word. Die plant groei in sandsteen sand op hoogtes van 1000 - 2000 m.
In Engels staan die struik as die Ladismith sceptre bekend.
Galery
Bronnelys REDLIST Sanbi Biodiversityexplorer Protea Atlas Plants of the World Online
Eksterne skakels
Kategorie:Paranomus Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika