Die Kougasepter (Paranomus esterhuyseniae) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Paranomus behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom in die Kougaberge en Outeniekwaberge.
Die struik word tot 70 cm hoog en blom hoofsaaklik van Augustus tot November. Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die plant is tweeslagtig en bestuiwing vind deur die werking van insekte plaas. Die vrugte word, twee maande nadat die plant geblom het, ryp en die sade val na die grond waar dit deur miere versprei word. Die plant groei in sandsteengrond op hoogtes van 900 - 1400 m.
In Engels staan die struik as die Kouga sceptre bekend.
Bronnelys REDLIST Sanbi Biodiversityexplorer Protea Atlas Plants of the World Online
Kategorie:Paranomus Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika