Thomas "Groot Tom" Moodie (29 November 1839 - 30 April 1894) was 'n pionier wat in 1892 'n party van meestal Afrikanerboere uit die Oranje-Vrystaat gelei het om hulle in Rhodesië te vestig. In 1863 tree hy in die huwelik met Cecilia Jacomina Robberts. Twaalf kinders is uit die huwelike gebore. Moodie, bekend as 'Groot Tom', en sy trekgeselskap vertrek op 5 Mei 1892 vanaf Bethlehem, en vestig hom op 4 Januarie 1893 in Rhodesië. Hy stig die nedersetting Melsetter, vernoem na Moodie se voorvaderlike huis in die Orkney-eilande. Thomas Moodie is in die Melsetter-omgewing begrawe. Na sy dood het sy vrou, Cecelia Moodie, na haar familielede in die ZAR teruggekeer waar sy in 1905 oorlede is en begrawe is op die plaas Rietvlei, vandag bekend as die Rietvlei Natuurreservaat, suid van Pretoria.

Verwysings

Kategorie:Voortrekkerleiers Kategorie:Rhodesiërs Kategorie:Geboortes in 1839 Kategorie:Sterftes in 1894