duimnael|Duivekater, 'n tipe vloerbrood.
Vloerbrood is brood wat tradisioneel direk op die bodem of vloer van 'n oond gebak word en nie in 'n broodpan nie. Die term 'vloerbrood' verwys nie na 'n soort brood of na die samestelling van die brood nie, maar na die manier waarop dit gebak word. Die bak van vloerbrode was veral gewild in die ou dae toe broodpanne skaars was. Deesdae word vloerbrood dikwels op 'n bakplaat gebak, maar dan is dit 'n lae bakplaat en nie 'n tradisionele hoë broodpan nie.
Verwysings
Kategorie:Brode