Die Parfuumsepter (Paranomus dregei) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Paranomus behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom van die Witteberg tot die Swartberg, Anysberg, Touwsberg en Rooiberg, Kougaberge en Outeniekwaberge.
Die struik word tot 1.7 m hoog en blom hoofsaaklik van Mei tot Oktober. 'n Brand vernietig die plant maar die sade oorleef. Die plant is tweeslagtig en bestuiwing vind deur die werking van insekte plaas. Die vrugte word, twee maande nadat die plant geblom het, ryp en die sade val na die grond waar dit deur miere versprei word. Die plant groei in sandsteen sand op hoogtes van 900 - 1400 m.
In Engels staan die struik as die Scented sceptre bekend.
Galery
Bronnelys REDLIST Sanbi Biodiversityexplorer Protea Atlas Plants of the World Online
Kategorie:Paranomus Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika