Die Kamanassietolbos (Leucadendron singulare) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom in die Mannetjiesberg in die Kammanassieberge. Die plant word as seldsaam beskou.

Die struik word net 30 cm hoog en sprei uit. Dit blom in Oktober. Die plant gaan dood na 'n brand maar die sade oorleef. Die sade word geberg in 'n tol op die vroulike plant en val na twee maande uit die tol grond toe waar dit deur miere versprei word. Die plant is eenslagtig en daar is afsonderlike plante met manlike- en vroulike blomme, wat deur insekte bestuif word. Die plant groei in skeure op pieke op hoogtes van 2 000 - 2 150 m.

In Engels staan dit as die Kammanassie conebush bekend.

Galery

Bronnelys REDLIST Sanbi Biodiversityexplorer Protea Atlas Plants of the World Online

Eksterne skakels

Kategorie:Leucadendron Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika