Die Pondotolbos (Leucadendron pondoense) is 'n blomdraende struik of kleine boompie wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Oos-Kaap waar dit voorkom in die Pondoland van Port St Johns tot by Port Edward.

Die struik word 6 m hoog en blom van September tot Desember. Die plant gaan dood na 'n brand maar die sade oorleef. Die sade word geberg in 'n tol op die vroulike plant en val na die grond na 'n brand, dit word moontlik deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig en daar is afsonderlike plante met manlike- en vroulike blomme, wat deur die wind bestuif word. Die plant groei in rivierbeddings.

Die boom se FSA-nommer is 81.4.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ In Engels staan dit as die Pondoland conebush bekend.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronnelys REDLIST Sanbi Biodiversityexplorer Protea Atlas Plants of the World Online

Kategorie:Leucadendron Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika