Die Uniondaletolbos (Leucadendron rourkei) is 'n blomdraende struik of klein boompie wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en Oos-Kaap waar dit voorkom in die Kammanassieberge, Kougaberge en oostelike Swartberg. Die plant word as seldsaam beskou.
Die struik word 5 m hoog en blom van Desember tot Januarie. Die plant gaan dood na 'n brand maar die sade oorleef. Die sade word geberg in 'n tol op die vroulike plant en val na die grond na 'n brand, dit word moontlik deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig en daar is afsonderlike plante met manlike- en vroulike blomme, wat deur die wind bestuif word. Die plant groei op suidelike hellings in skalie of klipperige grond op hoogtes van 1370 tot 1700 m.
Die boom se FSA-nommer is 81.6.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ In Engels staan dit as die Uniondale conebush bekend.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronnelys REDLIST Sanbi Biodiversityexplorer Protea Atlas Plants of the World Online
Eksterne skakels
Kategorie:Leucadendron Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika