Die Wynbergtolbos (Leucadendron grandiflorum) was 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is uitgestorwe en was endemies aan die Wes-Kaap waar dit in die Kaapse Skiereiland voorgekom het by Wynberg. Dit is die laaste keer gesien in 1806 en slegs 'n skets van die plant bestaan nog.
In Engels staan dit as die Wynberg conebush bekend.
Bronnelys REDLIST Sanbi Biodiversityexplorer Protea Atlas https://www.constantiabergbulletin.co.za/news/search-for-rare-protea-8837286 Plants of the World Online
Kategorie:Leucadendron Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika Kategorie:Uitgestorwe spesies