Die Bloubroodboom (Encephalartos nubimontanus) is 'n spesie van die genus Encephalartos. Die boom het uitgesterf in sy natuurlike habitat, dit het voorgekom naby Penge in die Drakensberg. Die populasie was eers 66 plante groot, in 2001 kon slegs agt gevind word en geen in 2004. Die word nou slegs in privaatversamelings gevind. Die plant is soortgelyk aan Encephalartos cupidus.

Die plant se FSA-nommer is 14.9.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ In Engels staan die broodboom as die Blue cycad bekend.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne REDLIST Sanbi African Cycads Plants of the World Online

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Broodbome Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika