Die stamlose broodboom (Encephalartos villosus) is 'n spesie van die genus Encephalartos. Die plant kom voor in die Oos-Kaap vanaf Oos-Londen, KwaZulu-Natal en Eswatini. Die plant is klein, dit word slegs 40 cm hoog en groei naby die kus. Dit is 'n vinnige groeier en verkies om in skadu te groei. Soos ander broodbome is dit eenslagtig, manlike en vroulike bome is afsonderlike eksemplare.
Die boom se FSA-nommer is 14.20.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ In Engels staan die broodboom as die ground cycad bekend.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne REDLIST Sanbi African cycads Plants of the World Online
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Broodbome Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Suid-Afrika