Die Rooi Woestyn by Port Edward is die kleinste woestyn in die wêreld.
Hierdie woestyn lê 10 km suidwes van Port Edward, suidsuidoos van die Umtamvuna-natuurreservaat en naby die brug oor die Mtamvunarivier.
Dit is slegs 11 ha groot en 200 m in deursnee. Waarskynlik is die ontstaan te wyte aan oorbeweiding. In die 19de eeu het die Zoeloes die beeste wat hulle van die Pondo’s verower het, hier aangehou.
Bronne reddesertnaturereserve.co.za Die Burger, 15 Junie 2020: hoofartikel
Verwysings
Kategorie:Natuurreservate in KwaZulu-Natal Kategorie:Woestyne van Afrika