__NOTOC__ Die Karoobroodboom (Encephalartos lehmannii) is 'n spesie van die genus Encephalartos en is een van die taaiste broodbome, dit is die beste bestand teen droogtes. Die boom word tot 2 m hoog en die blare word 1 tot 1,5 m lank. Die boom is eenslagtig: manlike en vroulike plante is afsonderlike eksemplare. Die plant is endemies aan die Oos-Kaap.

Die lang blaarstele het kenmerkende geel krae om hul basisse, en dié bly oor as papieragtige letsels nadat die blare gewissel is. Elke sittende blaartjie het eweneens 'n gelerige basis. Die blaartjies is gaafrandig, en oorvleuel nie. Die boom se FSA-nommer is 8.1,https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ en dit staan in Engels as die Karoo cycad bekend.

Keëls en blare

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne REDLIST Sanbi PZA Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Broodbome Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika