Die Kaapsehoopbroodboom (Encephalartos laevifolius) is 'n spesie van die genus Encephalartos wat hoofsaaklik in twee gebiede voorkom: die Kaapsehoopberge naby Nelspruit asook die Piggs Peak-gebied in Eswatini. Die subbevolking wat eens teen die rotsagtige hange van Mariepskop voorgekom het, is nou feitlik uitgestorwe weens menslike faktore en die Fusarium-swam wat hulle keëls aanval. duimnael|links|Spesie in die Pretoria Nasionale Botaniese Tuin Die boom groei regop en word 3 tot 4 m hoog. Dit groei goed in vol son en in enige tipe grond. Soos die meeste broodbome groei dit stadig en oorleef ryp goed; dit moet matig van water voorsien word. Die blare word tot 1,5 m lank. Bestuiwing vind plaas deur middel van insekte.

Die boom se FSA-nommer is 6.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ In Engels staan die boom as die Kaapsehoop cycad bekend.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Starvation Creek-natuurreservaat

Verwysings

Bronne PZA Sanbi REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Bome Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Broodbome Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Suid-Afrika