duimnael|Bou van die Owen Falls-dam tussen 1951 en 1954 duimnael|Bou van die Owen Falls-dam in die vroeë 1950's

Die Owen-waterval was 'n waterval in die Victoria-Nyl in Uganda. Hierdie waterval was net-net noord van die ewenaar by 00° 26′ 37″ noord en 33° 11′ 05″ oos, noordwes van Jinja en 4 km van die punt waar die Victoria-Nyl die Victoriameer verlaat. Die val was 10 m hoog.

In die 1950’s is 'n studam, die Owen Falls-dam (ook Nalubaale-dam genoem) vir die regulering van die rivierwaterpeil gebou en het die val in 1954 onder die water verdwyn. Hidroëlektrisiteit wat hier opgewek word, word aan Uganda en Kenia gelewer.

Kategorie:Watervalle in Kenia Kategorie:Watervalle in Uganda