Die Albaniebroodboom (Encephalartos latifrons) is 'n spesie van die genus Encephalartos en kom in 'n paar verspreide gebiede in die Oos-Kaap voor. Dit is 'n mooi broodboom met die breedste blare van al die broodbome. Die boom word tot 3 m hoog en die stam word tot 450 mm in omtrek. Die boom is eenslagtig, manlike en vroulike bome is afsonderlike eksemplare.
Die plant se FSA-nommer is 7.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ In Engels staan die broodboom bekend as die Albany cycad.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne PZA Sanbi REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Eksterne skakels
Kategorie:Broodbome Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika