Die Barbertonse broodboom (Encephalartos paucidentatus) is 'n spesie van die genus Encephalartos. Dit kom in die omgewing van Barberton voor, asook die Piggs Peak-gebied in Eswatini. Die plant is gewild onder tuiniers en word onwettig verwyder uit sy natuurlike omgewing. Die boom is eenslagtig: manlike en vroulike plante is afsonderlike eksemplare.
Die plant se FSA-nommer is 11.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ In Engels staan die broodboom as die Barberton cycad bekend.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne REDLIST Sanbi PZA Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Broodbome Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Suid-Afrika