Die Lofoï-waterval (ook soms die Kaloba-waterval genoem) is een van die grootste watervalle wat betref volume water en hoogte van die val in Sentraal-Afrika.

Die Lofoïrivier is ‘n sytak van die Lufirarivier, wat in die Lualabarivier instroom. Die Lualaba is op sy beurt ‘n voederstroom van die Kongorivier. Die waterval lê by , 4 430 m bo seespieël, in die Kundelunguberg in die Kundelungu Nasionale Park van die provinsie Katanga van die Demokratiese Republiek van die Kongo.

Die val is 165 m hoog en afhangende van die reënseisoen 23 tot 46 m breed. Hierdie afgeleë waterval word omring deur groen bosse en steil wande.

Trivia Dikwels word die Franse naam vir die waterval gebruik, naamlik Chutes Lofoï of Chutes Kaloba.

Bibliografie afktravel https://www.worldwaterfalldatabase.com/waterfall/Lofoi-Chutes-87

Kategorie:Watervalle in die Demokratiese Republiek die Kongo