OsloOslove 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land Provinsie (Fylke) 15px Oslo Koördinate Stigting Omtrent 1000 Oppervlakte: - Totaal 480 vk km Hoogte bo seevlak 1–631 m Bevolking: - Totaal (31 Desember 2022) 709 037 - Bevolkingsdigtheid 1 477/vk km - Metropolitaanse gebied(Stor-Osloregionen) 1 588 457 - Taalvorm Onsydig Tydsone UTC +1 (MET) - Somertyd UTC +2 (MEST) Klimaat - Tipe Gematigde seeklimaat - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 7,0 °C - Gem. temp. Januarie/Julie –2,3 / 17,6 °C - Gemiddelde jaarlikse neerslae 824,3 mm Burgemeester Anne Lindboe (H) Amptelike webwerf oslo.kommune.no
Oslo (Noors: [ˈʊ̂ʂlʊ ], of [ˈʊ̂slʊ, ˈʊ̀ʂlʊ]; Suid-Samies: Oslove) is die hoofstad van die Koninkryk Noorweë (Skandinawië, Noord-Europa) met 'n oppervlakte van 480 vierkante kilometer en 'n bevolking van 709 037 (soos op 31 Desember 2022). Oslo is die politieke, ekonomiese en kulturele sentrum van Noorweë en sy grootste stad. Byna 'n derde van die Noorse bevolking is in die metropolitaanse gebied van Oslo gekonsentreer, dit sluit voorstede soos Bærum en Drammen in. Die agglomerasie van Oslo – die derde grootste in Noord-Europa ná Stockholm en Kopenhagen – het 1,6 miljoen inwoners.
duimnael|links|'n Aansig van die Barcode-woonstelkompleks in Sørenga teen sononder. Met die herontwikkeling van sy ou hawegeriewe volgens die Fjordbyen-projek, wat in 2016 voltooi is, het Oslo nuwe lewe in sy middestad ingeblaas en sy visie van 'n moderne Fjordstad verwesenlik Die stad, wat deur bosgebiede en fjorde omring word, vorm 'n selfstandige fylke (provinsie) wat aan Akershus grens, en het uit 'n ou nedersetting ontstaan waarna daar reeds in 8ste eeuse historiese dokumente verwys is. Daarbenewens vorm dit ook 'n stedelike munisipaliteit (kommune). Vanweë die opgrawing van Christelike begraafplase uit die tydperk omtrent 1000 word hierdie periode as die stigtingsdatum van Oslo beskou, en die metropool het gevolglik in 2000 sy 1000ste verjaardag gevier. Oslo is sodoende een van die oudste Skandinawiese hoofstede.
Nadat groot dele van die stad in 1624 in 'n brand vernietig is, het die Deense koning Christiaan IV die stad met steengeboue laat herbou en dit Christiania genoem. In 1878 is die stadsnaam se spelling gewysig tot Kristiania. Die burgers van Kristiania het in 1925 besluit om weer die tradisionele Noorse naam vir hul stad te gebruik.
Alhoewel die stad op dieselfde breedtegraad soos die Finse hoofstad Helsinki, Sint Petersburg in Rusland of die Alaskaanse metropool Anchorage lê, het Oslo danksy die matige invloed van die warm Golfstroom 'n gematigde seeklimaat met dikwels warm somers en baie sonskyndae. Die hoofstadgebied is nogtans gedurende die Skandinawiese winter tussen drie en vyf maande lank met sneeu bedek, en die ski-oorde in die bergagtige omgewing van Oslo lok tussen Desember en April talle skitoeriste.
Vanweë die ekonomiese welvaart van die land en die behoefte aan bykomende opgeleide mannekrag het Oslo, soos ander groot stede in die land, talle immigrante gelok wat van Oslo vandag 'n baie kosmopolitaanse stad maak. Volgens jaarlikse ondersoeke van die Londense navorsingsinstelling Economist Intelligence Unit, wat die prysvlak van goedere en dienste in belangrike metropole ranglys, is Oslo sedert 2006 egter ook die duurste hoofstad ter wêreld. Oslo staan daarnaas internasionaal bekend as die moederstad van die Nobelprys vir Vrede.
Etimologie Nadat die ou stad in 1624 deur 'n brand vernietig is, is onder die bewind van koning Christiaan IV 'n nuwe stad nader aan die Akershus-vestig gestig en na die koning "Christiania" genoem. Die ou plek oorkant die Aker-rivier is egter nie verlaat nie en die dorp Oslo het 'n voorstad buite die stadsmure gebly. Die voorstad met die naam Oslo is uiteindelik by die stad ingelyf. In 1925 is die naam van die voorstad na die hele stad oorgedra, terwyl die voorstad hernoem is in Gamlebyen, "die ou stad", om verwarring te voorkom. Aftenposten, 12 October 2014, bl. 15. Deesdae is die ou stad 'n gebied binne die administratiewe distrik Gamle Oslo ("Ou Oslo"). Die vorige name weerkaats in straatname soos Oslo gate ("Oslo-straat) Knut Are Tvedt, red. (2000). «Oslo gate». Oslo byleksikon (4. uitg.). Oslo: Kunnskapsforlaget. bl. 324. . en Oslo hospital. Pål Abrahamsen et al. (red.): Fra dollhus til moderne psykiatri. Oslo Hospital 1538–1988. Selskapet for Oslo bys vel. Oslo 1988.
Oor die oorsprong van die naam Oslo is al dikwels gedebatteer. Dit is byna seker afkomstig van Oudnoors en is — heel waarskynlik — oorspronklik die naam van 'n groot plaas by Bjørvika, terwyl die betekenis van dié naam omstrede is. Oor die algemeen interpreteer huidige taalkundiges die oorspronklike Óslo, Áslo of Ánslo as óf "weiveld aan die voet van 'n heuwel" óf "weide toegewy aan die Gode" en albei word as ewe waarskynlik geag. Cf. Bjorvand, Harald (2008). "Oslo." In: Namn och bygd. Tidskrift för nordisk ortnamnsforskning, vol. 96, 2008.
Daar is eens verkeerdelik aangeneem dat Oslo beteken "die monding van die Lo-rivier", 'n n vermeende vorige naam van die Alna-rivier. Nie net is daar geen bewyse gevind vir 'n rivier "Lo" voor die werk van Peder Claussøn Friis wie die eerste keer hierdie etimologie voorgestel het nie, maar die naam is ook ongrammatikaal in Noors: die korrekte vorm sou Loaros gewees het. Daar word nou geglo dat die naam Lo 'n terugvorming is deur Friis ter ondersteuning van sy idee oor die etimologie van Oslo.
Oslo het verskeie byname en name in ander tale. Soms word die stad "die tierstad" (Tigerstaden) genoem, moontlik geïnspireer van 'n 1870-gedig deur Bjørnstjerne Bjørnson wat na die destydse Christiania in Sentraal-Oslo verwys. Dié bynaam word veral deur Noorse van buite die stad gebruik en min deur mense uit die Oslo-streek. "Fra Språkrøret: Hvorfor kaller vi Oslo for Tigerstaden?," St. Hallvard, 3/1991, bl. 61
Geografie duimnael|Die bergpiek Holmenkollen met sy bekende gelyknamige skispring-skans staan internasionaal bekend vir die skispringkampioenskappe wat jaarliks hier beslis word Oslo se boogvormige stadsgebied is teen die noordelike kant van die Oslofjord geleë. Danksy die stad se strategiese ligging tussen die see, uitgestrekte gebiede in die noorde en paaie wat vanuit die suide oor die Ekeberg-bergpiek na die stad loop, vorm Oslo sedert sy stigting 'n natuurlike knooppunt in die klein Oslogryta keteldal. Die stadsentrum, wat gekenmerk word deur uiterstes, soos baie warm somers en bitter koue winters, word omring deur bergrûens en mere. Die Oslofjord is, soos die mere van die omgewing, 'n gewilde ontspanningsgebied vir stadbewoners.
Die Nordmarka landskap in die noorde word deur bos- en watergebiede gekenmerk. Mere soos Bogstadvannet, Sognsvann en Maridalsvannet, die grootste met 'n oppervlakte van 3,91 vierkante kilometer in die Maridalen vallei, staan almal bekend vir hul natuurskoon. Daar is altesaam 343 mere in die metropolitaanse gebied en is 'n belangrike bron van drinkwater in die omgewing.
Oslo Golfklubb is aan die suidelike oewer van die Bogstadvannetmeer geleë. Dit is die eerste Noorse gholfklub wat in 1924 gestig is.
Die Nesodden-skiereiland, wat teenoor Oslo lê, strek ver uit in die Oslofjord. Malmøya is met 'n oppervlakte van 0,56 vierkante kilometer die grootste van die sowat veertig eilande in die metroplotaanse area van Oslo, terwyl daar baie ander eilande in die Oslofjord buite die gebied lê. Kirkeberget, 629 m bo seevlak, is die hoogste bergpiek in die omgewing.
Alhoewel Oslo, met 'n bevolking van sowat 'n halfmiljoen, een van die kleiner Europese hoofstede is, strek sy metroplitaanse gebied nogtans oor 'n oppervlakte van sowat 450 vierkante kilometer. Twee derdes hiervan is beskermde natuurgebiede met bosse, berge en mere. Ook in die sentrale stadsgebied is daar talle parke en ander rustige groen terreine wat altesaam 68 persent van die totale oppervlakte beslaan. Dit maak van Oslo die groenste metropool ter wêreld. GTAI Germany Trade and Invest: Markets International 1/19, bl. 16 Veral gedurende die winter kan daar selfs wilde elande in die groen dele van die stadsgebied aangetref word.
Klimaat duimnael|Satellietbeeld van Oslo in 2018 duimnael|Ysskaatsers op die bevrore Bogstadvannet, met die plaas Bogstad Gård in die agtergrond Danksy die Golfstroom, wat warm lugmassa's vanuit die Golf van Mexiko na die Atlantiese Oseaan voer, het Oslo, ondanks sy noordelike ligging, 'n relatief gematigde klimaat. Die somers word deur warm en aangename sonnige weer, met 'n gemiddelde temperatuur tussen 15 en 16 °C, gekenmerk. Die gemiddelde maksimum temperature in Junie en Julie is 20 tot 22 °C, maar uiterstes kan soms meer as 30 °C beloop. Oslo maak nie deel uit van die landsdele waar die middernagson tydens die somernagte skyn nie, maar die nagte is nogtans relatief helder.
Die winters in Oslo is daarenteen lank, donker en relatief koud. Die stad lê vir maande in 'n vaal skemerlig. Tussen September en Mei kan die kwik benede vriespunt daal, alhoewel temperature as gevolg van globale verwarming teen die begin van die 21ste eeu ook tydens winter dikwels hoër kan wees.
Januarie en Februarie is die koudste maande met gemiddelde minimum temperature van sowat -7 °C. Die laagste temperatuur wat ooit in Oslo aangeteken is was -27,9 °C in Februarie 1871.
Sneeuvalle kom dwarsdeur die wintermaande voor; op sowat dertig dae van die jaar val gemiddeld meer as 25 sentimeter sneeu. Die gemiddelde jaarlikse reënval is 763 millimeter. Die somers is ietwat natter is as die winters.
Geskiedenis Die Middeleeue duimnael|Die Akershus-vesting duimnael|Die koningspaleis het tussen 1824 en 1848 ontstaan Die eerste klein stedelike nedersetting het omtrent die jaar 1000 aan die voet van die Ekeberg-bergreeks langs die oosoewer van die Bjørvika-inham ontstaan. Die Yslandse geleerde Snorri Sturluson beweer in sy Heimskringla, 'n werk oor die geskiedenis van die Noorse konings, dat Oslo in 1048 deur koning Harald III gestig sou wees. Tydens argeologiese opgrawings in die stadsgebied is egter Christelike grafte uit die periode omstreeks 1000 ontdek sodat Oslo se millenniumfees in 2000 gevier is.
Omstreeks 1300 het Oslo se bevolking sowat 3 000 mense beloop en as die regeringsetel van koning Håkon V (1299–1319) gedien wat ook die vesting Akershus laat oprig het. Die stad het in die Hoë Middeleeue tot 'n beduidende handelsentrum ontwikkel. Oslo se Sint Hallvard-katedraal het reeds in die 12de eeu ontstaan. Hertog Erik av Södermanland het die stad in 1308 beleër, geplunder en aan die brand gesteek. Die vesting Akershus, wat destyds nog nie voltooi was nie, het bewaar gebly.
Die Middeleeuse Oslo het oor twee kastele, die koningshof en die biskoplike kasteel, nege kerke (waaronder die katedraal) en 'n hospitaal beskik. Die sowat 400 houthuise was in die besit van koopmans en ambagsmanne.
Die Renaissance-tydperk duimnael|links|upright|Oslo se domkerk dateer van 1697 Die stad is verskeie kere deur brande verwoes, onder meer tydens die Sweedse beleg in 1537.
Vanaf 1536 het Noorweë en Denemarke 'n unie gevorm. Nadat Oslo in 1624 deur 'n grootskaalse brand vernietig is, het die Deense koning Christian IV die besluit geneem om die stad onderaan die Akershus-vesting te laat herbou so dat dit as 'n versterking kon dien. Die koning het die nuwe stad na homself Christiania genoem.
Christian se Renaissancestad met sy breë strate en vakwerk- en steenhuise het tussen die vesting, die katedraal en die huidige strate Øvre Vollgate en Skippergata ontstaan en word vanweë sy reghoekige plattegrond en straatrooster tans Kvadraturen genoem. Arm en landlose bewoners het hulle nogtans weer in die gebied van die ou stadskern (Noors: Gamlebyen) buite die stadsmuur van Christiania gevestig, veral omdat hulle 'n lewe in die nuwe stad nie kon bekostig nie.
Ná die Reformasie het Oslo se Olavs-klooster en talle kerke verval en dikwels ná brande as "steengroef" vir die oprigting van nuwe geboue gedien.
Hoofstad van Noorweë