Ganesha of Ganesja (Sanskrit: गणेश; ), wat ook as Ganapati en Winajaka bekend staan, is een van die bekendste en mees geliefde Hindoegode.Rao, bl. 1. Sy gelykenis word oral in Indië aangetrefVerwys: Brown, bl. 1. " is often said to be the most worshipped god in India." Getty, bl. 1. ", Lord of the , although among the latest deities to be admitted to the Brahmanic pantheon, was, and still is, the most universally adored of all the Hindu gods, and his image is found in practically every part of India." en alle Hindoe-affiliasies aanbid hom.Verwys: Rao, bl. 1. Martin-Dubost, bl. 2–4. Brown, bl. 1. Sy aanbidding is nie tot Hindoes en Indië beperk nie, maar kom wydverspreid voor, ook onder Djainas en Boeddhiste.Verwys: Chapter XVII, "The Travels Abroad", in: Nagar (1992), bl. 175–187. Vir 'n oorsig oor Ganesha se geografiese verspreiding en gewildheid buite Indië. Getty, bl. 37-88, Vir bespreking van die verspreiding van Ganesha-aanbidding in Nepal, Sjinese Turkestan, Tibet, Burma, Siam, Indo-China, Jawa, Bali, Borneo, Sjina en Japan. Martin-Dubost, bl. 311–320. Thapan, bl. 13. Pal, bl. x.
Ganesha word maklik uitgeken as die god met 'n olifantkop.Martin-Dubost, bl. 2. Hy word oor die algemeen aanbid vir die wegneem van hindernisseVerwys: Thapan, bl. 254. Kommentaar op , vers 12 in vir Ganesha se rol as die verwyderaar van hindernisse en as die heer van beginpunte en van hindernisse (Wignesja, Wignesjwara),Hierdie idees is so algemeen dat Courtright hulle gebruik in die titel van sy boek, Ganesha: Lord of Obstacles, Lord of Beginnings. Vir die naam Wighnesja, sien: asook beskermheilige van die kunste en wetenskappe en die deva (god) van intellek en wysheid. Hy word vereer aan die begin van rituele en seremonies en word opgeroep as die beskermer van letterkunde tydens skryfsessies.Getty, bl. 5. Verskeie geskrifte bevat mitologiese anekdotes wat met sy geboorte en dade verbind word en verduidelik sy eiesoortige ikonografie.
Ganesha het in die 4de en 5de eeu tydens die Ghoepta-ryk as 'n afsonderlike godheid in ’n duidelik herkenbare vorm ontwikkel, en het eienskappe van Vediese en voor-Vediese voorgangers geërf.Narain, A. K. ": The Idea and the Icon" in Hy het vinnig gewild geword en is in die 9de eeu plegtig ingesluit by die vyf hoofgode van Smartisme ('n Hindoe-denominasie). Aanhangers van die Ganapatja-sekte, wat Ganesha as die allerhoogste godheid geïdentifiseer het, het in dié tydperk ontstaan.Vir die geskiedenis van die ontwikkeling van die en hulle verhouding met die wye geografiese verspreiding van Ganesha-aanbidding, sien: Hoofstuk 6, "The " in: Thapan (1997), bl. 176–213. Die hoofgeskrifte toegewy aan Ganesha is die Ganeshapurana, Moedgalapurana en Ganapati-atharvashirsa.
Etimologie en ander name
Ganesha het baie ander titels en byname, insluitend Ganapati en Wignesjwara. Die Hindoe-eretitel Sjrie (ook gespel Sri) word dikwels voor sy naam geplaas. Een van die gewilde maniere waarop Ganesha aanbid word, is deur 'n Ganesha-sahasranama, 'n litanie van "'n duisend name van Ganesha", te dreunsing. Elke naam het 'n ander betekenis en simboliseer 'n ander aspek van Ganesha. Minstens twee verskillende weergawes van die Ganesha-sahasranama bestaan: een weergawe kom uit die Ganeshapurana.Vir 'n Engelse vertaling van die Ganeshapurana 1.46, sien: Bailey, bl. 258–269.
Die naam Ganesha is 'n Sanskrit samestelling van die woorde gana (Sanskrit: ; ), wat "groep", "menigte" of "kategoriestelsel" beteken, en isja (Sanskrit: ; ), wat "heer" of "meester" beteken.Verwys na: Narain, A. K. ": A Protohistory of the Idea and the Icon". Brown, bl. 21–22. Apte, bl. 395. Die woord gaņa word dikwels gesien asof dit na die gaņas, 'n groep halfgoddelike wesens wat deel vorm van die gevolg van Sjiwa, verwys wanneer dit met Ganesha geassosieer word.Vir die afleiding van die naam en die verhouding met die , verwys: Martin-Dubost. bl. 2. Die term beteken meer algemeen 'n kategorie, klas, gemeenskap, verenigings, of koöperasie.Apte, bl. 395. Sommige kommentaarskrywers interpreteer die naam "Heer van die " as "heer van gashere" of "heer van geskepte kategorieë", soos die elemente.Die woord gaņa word deur Bhāskararāya in sy kommentaar op die in hierdie metafisiese sin vertolk. Verwys in besonder na kommentaar op vers 6 insluitend name and in: . Ganapati (Sanskrit: ; ), 'n sinoniem vir Ganesha, is 'n samestelling wat bestaan uit , wat "groep" beteken, en , wat "heerser" of "heer" beteken. Die Amarakośa,Verwys na: vir bronteks van 1.38 as . vir teks van versified as 1.1.38. 'n vroeë Sanskrit leksikon, lys agt sinonieme vir Ganesha: Winajaka, Wighnaraja (ewkivalent aan Wignesja), Dwaimatoera ("een wat twee moeders het"),Y. Krishan (:Ontrafeling van 'n Enigma, bl. 6): "Pārwati wat 'n beeld van geskep het uit haar liggaamlike onreinhede maar wat bedeel is met lewe na dompeling in die heilige water van die Gangā. Daar word dus gesê dat hy twee moeders het – Pārwati en Ghangā en word daarom dvaimātura en ook Gāngeya genoem." Ganadhipa (ekwivalent aan Ganapati en Ganesha), Ekadanta ("een wat 'n olifanttand het"), Heramba, Lambodara ("een wat 'n boepmaag het", of, letterlik, "een wat 'n hangmaag het"), en Gajanana ("een wat die gesig van 'n olifant het").Krishan bl. 6
Winajaka (Sanskrit: ; ) is 'n algemene naam vir Ganesha wat in die puranas en in Boeddhistiese tantras voorkom.Thapan, bl. 20. Die naam word weerspieël in die benaming van die agt beroemde Ganesha-tempels in Maharashtra wat bekend staan as die astawinajaka.Vir die geskiedenis van die -terreine en 'n beskrywing van pelgrimsgebruike wat daaraan verwant is, verwys: Mate, bl. 1–25. Die name Wignesja en Wignesjwara ("heer van hindernisse") verwys na sy primêre funksie in Hindoemitologie as die skepper en verwyderaar van hindernisse ().Vir Krishan se standpunte oor Ganesha se tweeledige aard sien sy aanhaling: " het 'n tweeledige aard; as Vināyaka, as 'n , is hy , en as is hy , 'n ." Krishan, bl. viii.
'n Prominente naam vir Ganesha in Tamil is Pille of Pillaiyar ("klein kind").Martin-Dubost, bl. 367. A.K. Narain onderskei die terme deur aan te dui dat pille "kind" beteken, terwyl pillaiyar "adellike kind" beteken. Hy voeg by dat die woorde pallu, pella, en pell in die Drawidiese taalfamilie op "tand", of "olifanttand" dui, maar meer dikwels op "olifant".Narain, A. K. ": The Idea and the Icon". Brown, bl. 25. Anita Raina Thapan merk op dat die stamwoord pille in die naam Pillaiyar oorspronklik "die kleintjies van die olifant" kon beteken het, omdat die Pali woord pillaka "'n jong olifant" beteken.Thapan, bl. 62.
Ikonografie duimnael|250px|Dié standbeeld van Ganesha is in die 13de eeu in die Mysore-distrik van Karnataka opgerig. Ganesha is 'n gewilde figuur in Indiese kuns.Pal, bl. ix. Anders as dié van ander gode, vertoon afbeeldings van hom groot verskeidenheid en onderskeibare patrone wat gaandeweg verander.Verwys na: Martin-Dubost, vir 'n omvattende oorsig van ikonografie wat mildelik geïllustreer is. Hoofstuk X, "Development of the Iconography of ", in: , vir 'n oorsig van ikonografie met klem op ontwikkelende temas, goed geïllustreer met plate. Pal, vir 'n geïllustreerde versameling van studies oor spesifieke aspekte van Ganesha met die klem op kuns en ikonografie. Hy kan staande of dansende uitgebeeld word; heldhaftig besig om demone te beveg, spelend met sy familie as seun, sittende, of besig met aksies in verskeie eietydse situasies.
Ganesha-beelde was teen die 6de eeu algemeen in baie dele van Indië.Brown, bl. 175. Die beeld regs is tipies van Ganesha-standbeelde van 900–1 200, nadat Ganesha goed gevestig is as 'n onafhanklike god met sy eie sekte. Hierdie voorbeeld vertoon sommige van Ganesha se algemene ikonografiese elemente. 'n Byna identiese standbeeld is deur Paul Martin-Dubost as vanuit 973–1200 gedateer,Martin-Dubost, bl. 213. In die boonste regterhoek is die beeld gedateer as (973–1200). en 'n ander soortgelyke beeld is deur Pratapaditya Pal as vanuit ca. 12de eeu gedateer.Pal, bl. vi. Die prent op die bladsy beeld 'n klipstandbeeld in die Los Angeles County Museum of Art uit wat gedateer is as ca. 12de eeu. Pal vertoon 'n voorbeeld van die vorm gedateer ca. 13de eeu on bl. viii. In hierdie beelde het Ganesha die kop van 'n olifant, 'n groot maag en vier arms, iets wat algemeen is in uitbeeldings van hom. Hy hou sy eie gebroke tand in sy onderste regterhand en 'n lekkerny (wat hy met sy slurp proe) in sy onderste linkerhand. Hierdie motief waarin Ganesha sy slurp skerp na sy linkerkant draai om 'n lekker in sy onderste linkerhand te proe is 'n besonder argaïese eienskap.Brown, bl. 176.
'n Meer primitiewe standbeeld in een van die Elloragrotte in hierdie vorm word terugdateer tot die 7de eeu.Sien foto 2, "Large Ganesh", in: Pal, bl. 16. Die ander hande se besonderhede kom nie duidelik na vore in die beeld regs nie. In die standaardkonfigurasie hou die god 'n byl of 'n ankus (olifantstaf) in een boonste arm vas en 'n vangriem in die ander boonste arm.
Die invloed van hierdie ou samestelling van ikonografiese elemente kan steeds in eietydse voorstellings van Ganesha gesien word. In een moderne vorm is die enigste variasie op die ou elemente die onderste regterhand wat nie die gebroke tand vashou nie, maar eerder na die kyker gedraai is in 'n gebaar van beskerming of vreesloosheid.Verwys: Martin-Dubost, bl. 197–198. foto 9, "Ganesh images being taken for immersion", in: Pal, bl. 22–23. Vir 'n voorbeeld van 'n groot beeld van die tipe wat in 'n optog gedra word. Pal, bl. 25, Vir twee soortgelyke beelde wat gedompel gaan word. Dieselfde kombinasie van vier arms en eienskappe kom voor in beelde waar Ganesha dansend vertoon word, wat 'n baie gewilde tema is.Sien: Pal, bl. 41–64. Vir baie voorbeelde van Ganesha wat dans. Brown, bl. 183. Vir die gewildheid van die dansende vorm.
Algemene eienskappe duimnael|links|250px|'n Tipiese vierarm-vorm. Miniatuur van die Nurpurskool (circa 1810).Four-armed . Miniatuur van die Nurpurskool, circa 1810. Museum van Chandigarh. Vir die beeld sien: Martin-Dubost (1997), bl. 64, wat dit as volg beskryf: "On a terrace leaning against a thick white bolster, is seated on a bed of pink lotus petals arranged on a low seat to the back of which is fixed a parasol. The elephant-faced god, with his body entirely red, is dressed in a yellow dhoti and a yellow scarf fringed with blue. Two white mice decorated with a pretty golden necklace salute by joining their tiny feet together. counts on his rosary in his lower right hand; his two upper hands brandish an axe and an elephant goad; his fourth hand holds the broken left tusk."