Die Afrikaanse Wikipedia is die Afrikaanse weergawe van Wikipedia, die webgebaseerde vrye-inhoud-ensiklopedie, waar "vrye" na die kopievrye lisensiëring van die projek verwys. Die Afrikaanse weergawe was op 16 November 2001 die 11de Wikipedia om geskep te word.Wikipedia:2001, English-language Wikipedia (16 Desember 2006) Dit beskik tans oor ongeveer artikels, en is volgens hierdie maatstaf die grootste Wikipedia.Meta-Wiki's list of language Wikipedias ordered by size Wat die aantal biografiese artikels per geslag betref was die Afrikaanse Wikipedia in 2020 die derde mees geslagsgelyke Wikipedia van al die taalweergawes.

Dit gebruik tans MediaWiki weergawe ,Huidige weergawe aangedui en word deur gebruikers in Suid-Afrika en Namibië, benewens bydraers in Europa, Noord-Amerika en Oseanië in stand gehou. Die Afrikaanse Wikipedia het tans bladsye, waarvan artikels is. Dit het geregistreerde gebruikers, waarvan as aktief gereken word. Hierdie gebruikers het al wysigings aangebring en lêers opgelaai.

Google Translate gebruik die Afrikaanse Wikipedia as korpus om sy vertaalmodel op te lei.

Verwikkelinge in die Afrikaanse Wikipedia en mediadekking Op 1 Desember 2005 skryf die taalaktivis dr. Dan Roodt in die Afrikaner (getiteld "Afrikaners moet internet beset", en op 9 April 2007 ook op PRAAG gepubliseer) die volgendeRoodt, D. 2007. Afrikaners moet internet beset. PRAAG, 9 April:

2006: Volgens 'n Duitse akademikus, prof. Andreas Hepp, was dit opvallend hoe die top 15 Wikipedias, met die uitsondering van Japannees en Chinees oorwegend "Westerse tale" was. Hierdie "digitale kloof" is benadruk deurdat Afrikaans wat 43ste op die aktiwiteitsranglys was, ten spyte van sy "koloniale tradisies" die eerste taal in Afrika was om wel 'n mate van vordering te toon. Hy het hierdie tekortkoming aan die algemene "verbindingskloof" toegeskryf, 'n onderafdeling van die "digitale kloof" wat deur faktore soos ontoeganklikheid weens powere, onbekostigbare of afwesige internetverbindings bepaal word.Hepp, A. 2006. Wissenspraktiken im Alltag: Wikipedia und Podcasting zwischen Konnektivität und Mobilität. In: Pühringer, Karin / Zielmann, Sarah (eds.): Vom Wissen und Nicht-Wissen einer Wissenschaft. Kommunikationswissenschaftliche Domänen, Darstellungen und Defizite. Münster: LIT, p. 179.

11 November 2007: Die iCommons-kantore het gasheer gespeel vir 'n Afrikaanse Wikipedia-byeenkoms, as deel van ‘n Wikipedia-week. Internasionale gaste Jimmy Wales, Ndesanjo Macha en Frank Schulenburg, sowel as 'n aantal Afrikaanse Wikipediane waaronder Laurens, RAM, Greenman, Sobaka en lede van die media, het dit bygewoon. Laurens, een van die mees aktiewe Wikipediane by Afrikaans-Wikipedia op daardie stadium het 'n inleidende lesing getitel “Die Afrikaanse Wikipedia - Reusetjie?” gelewer. Laurens het die ontwikkeling van hierdie tot dusver suksesvolste Wikipedia onder die Afrikatale aangebied wat gevolg is deur 'n informele bespreking. Op daardie stadium met sowat 8 600 artikels was Afrikaans-Wikipedia op pad om gou die prestasie van 10 000 artikels te oortref. In verhouding tot die getal van sowat 6,4 miljoen Afrikaans-moedertaalsprekers is dit 'n goeie getal, maar is dit steeds agter taalweergawes soos Deens of Fins. Die groep bogemiddelde aktiewe Wikipediane in die Afrikaanse Wikipedia is tans nog baie klein. Dit was ook nuttig om Ndesanjo, van die Swahili Wikipedia (wat op daardie stadium 'n soortgelyke grootte as Afrikaans was), en Frank, van die Duitse Wikipedia, sowel as plaaslike Wikipediane teenwoordig te hê, aangesien daar interessante oorvleuelings en uitruil van idees tussen die verskillende taalgemeenskappe was. Die gesprek wat op die lesing gevolg het was lewendig, waarin deelnemers ervarings uitgeruil het en besin het hoe die ontwikkeling van kleiner taalweergawes soos die Afrikaanse Wikipedia aktief bevorder kan word. Die persoonlike kontak tussen die skrywers het as een van die sleutelpunte na vore gekom en almal was dit eens dat vergaderings, gereeld in Suid-Afrika moet plaasvind. Daar was groot belangstelling in inligting oor die Duitstalige Wikipedia en oor die idees en projekte wat ons ontwikkel het. Veral die idee van 'n skryfkompetisie is met belangstelling ontvang en dit lyk of die eerste kompetisie van sy soort in Afrika binnekort gehou sal word. Die daarstel van 'n plaaslike Wikimedia Foundation-tak is ook bespreek, en met die momentum wat uit die Wikimania-bod gebou is en die belangstelling rondom Wikipedia-week het dit ook al hoe meer waarskynlik laat lyk. Ian Gilfillan's web log. Afrikaans Wikipedia meetup Nov 2007, 11 November 2007.http://www.greenman.co.za/b2evolution/blogs/index.php?m=200711(18-Nov-07).Frank Schulenburg, Wikipedia Academy in Südafrika – Tag 4, 11 November 2007. http://www.schulenburg.biz/correspondent/ November 18, 2007.

Jana Marais berig op 21 November 2007 die stigter van Wikipedia, Jimmy Wales, het spesiaal na Suid-Afrika toe gekom. Hy maak onder andere indirek melding van die Afrikaanse Wikipedia, wat op daardie stadium 8 600 artikels gehad het. Sy woorde word vertolk:

1 November 2009 tot 1 Januarie 2010 om middernag (SAST): In navolging van die Nederlandse Wikipedia word die eerste skryfwedstryd gehou. Elke kandidaat (of spanne van twee) skep één nuwe artikel of brei 'n saadjie uit. Die beste drie artikels palm elkeen 'n kontantprys vir sy skrywer(s) in. Burgert Behr wen die eerste prys, vir sy artikel Siberië. Morné van Rooyen word die tweede prys toegeken vir sy artikel Zambië. Die derde prys word aan Voyageur toegeken vir sy artikel Barnsteen. Hansjoseph verdien eervolle vermelding vir sy artikel oor Pous Gregorius XIII. Die beoordelaars was Anrie Hoogendoorn en Arno Barnard. Daar was 14 deelnemers.Wikipedia:Skryfwedstryd 2010

Volgens Greenman se webjoernaal in Mei 2013 was die Afrikaanse Wikipedia wel die derde grootste Afrikataal-Wikipedia, maar wat inhoud betref moontlik die beste. Daar is konstante aktiwiteit, groei en 'n gesonde gemeenskap.

2014 - 2015 2014: Professor Ana Deumert skryf 'n paragraaf of twee oor die Afrikaanse Wikipedia in haar artikel "Sites Of Struggle And Possibility In Cyberspace. Wikipedia And Facebook In Africa" wat in die bundel Mediatization and Sociolinguistic Change opgeneem is.Deumert, A. 2014. "Sites Of Struggle And Possibility In Cyberspace. Wikipedia And Facebook In Africa" In: Mediatization and Sociolinguistic Change Sy bespreek die Afrikaanse, Swahili en Malgassiese Wikipedia, maar doen veral moeite om die probleme by die Xhosa-Wikipedia uit te lig. Xhosa word selfs as 'n "probleemkind" beskou – te midde van sy agtmiljoen sprekers, sy gebruik in die onderwys, regeringspamflette, gedrukte media, televisie en radio en die standaardtaal wat sedert 1820 met die eerste Bybelvertaling sy beslag gekry het, en te midde van Douglas Scott wat ten minste drie werkswinkels aan die Universiteite van Kaapstad, Wes-Kaapland en by die provinsiale regering aangebied het, is die Xhosa-Wikipedia netsowel dood. Die oorsaak hiervan skryf sy toe aan die Engels wat gerieflikheidshalwe eerder gelees word. Die Wikipedia word hoofsaaklik geskryf deur buitelanders ('n Serwiër, Rus, Amerikaner, en Australiër) wat nie een Xhosa magtig is nie: van die Wikipedia word dus eenvoudig 'n prentewoordeboek gemaak. Van 'n Wiki-gemeenskap is daar dus geen sprake nie. Slegs een artikel is by 'n werkswinkel deur 'n Xhosasprekende geskep wat wel plaaslike inhoud bevat het, die res was vertalings uit die Engelse Wikipedia. Maar op Facebook is daar wel lewe – en hier kom nog 'n probleem na vore: terwyl by Wikipedia die neutrale uitkyk (NPOV) verpligtend is, is die skatskis van die Xhosakultuur en -kennis op Facebook weer spontaan. Die behoefte bestaan dus wel om volkskennis en -besit oor te dra en te deel deur 'n digitale medium, maar net nie soseer op Wikipedia nie.

Hierteenoor stel Deumert onder meer die Afrikaanse Wikipedia:

In die jaar 2014 maak prof. Jaap Steyn in sy boek Ons gaan 'n taal maak ook kortliks melding van die Afrikaanse Wikipedia (bl. 479) deur na 'n Afriforum-nuusbrief (nr. 43) te verwys :

21 Maart 2014: By die "Symposium Digitaal Afrikaans: Internet en de Afrikaanse literatuur" in die Afrika-studiesentrum, te Leiden, Nederland, bevind die huiswikipediaan Hans Muller daar is heelwat moontlikhede sover dit die Afrikaanse literatuur aangaan op die Afrikaanse Wikipedia. Die Afrikaanse Wikipedia beklee met 30 000 artikels nog die derde posisie van die Afrikatale wat artikeltal betref. Al is die aantal sprekers minder as dié van Swahili en Hausa, is die aantal Wikipedia-artikels minder by die laasgenoemde twee tale. Op hierdie stadium is daar nog baie Afrikaanse skrywers wat nog geen artikel het op die Afrikaanse Wikipedia nie; maar wel in Engels en Nederlands. Verder is daar min foto's en soortgelyke beeldmateriaal van die betrokke skrywers te vinde, of die gehalte daarvan (soos die foto van Antjie Krog) kon beter wees. Die artikel rondom die literatuur in Afrikaans het ook vasgesteek by die literatuurgeskiedenis van Rob Antonissen uit 1955. regs|duimnael|250px|Prof. Pretorius het die sienings van die taalaktivis Neville Alexander uitgelig, veral wat vertaling en terminologie-ontwikkeling betref. 3 Junie 2015: Unisa se Academy of African Languages and Science (AALS) hou 'n werkswinkel. Die sprekers is onder meer prof. Laurette Pretorius; die Russiesgebore Israeli van Wikimedia Amir Aharoni, en Nozibele Nomdebevana. Van die besprekingspunte is die uitbou van die verskillende Wikipedias in 'n veeltaligheidskonteks deur vertaling en opleiding. Die Afrikaanse Wikipedia word ook hierby betrek. Op 11 Junie 2015 word 'n kort oorsig op Unisa se webwerf geplaas.Unisa: Threat of Digitale Language Death an African Reality Prof. Pretorius skryf:

2 Oktober 2015: Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns hou 'n simposium in samewerking met die Prisma Leeskring in Centurion. Hier lewer prof. Laurette Pretorius, professor in rekenaarwetenskap aan Unisa, 'n pleidooi dat meer inskrywings in die Afrikaanse Wikipedia gemaak moet word, omdat Afrikaans se voortbestaan in die digitale ruimte in 'n groot mate daarvan afhang.Algemene simposium 1 en 2 Oktober 2015

Op 1 November 2015 praat prof. Pretorius op die RSG-program "Die tale wat ons praat" oor die Afrikaanse Wikipedia.RSG: "Die tale wat ons praat": Wikipedia, 1 November 2015

2016 14 Januarie 2016: RSG-omroepers Martelize Brink en Johan Rademan voer 'n onderhoud met Deon Steyn, wat sedert 2015 op die raad van WikimediaZA dien.

Op 28 Januarie 2016 word onder die opskrif "Afrikaanse Wikipedia kry groot aftrek" in Die Burger die 15de verjaarsdag van die algehele Wikipediaprojek (wat ander tale omvat) gevier. Op daardie tydstip was daar sowat 38 400 artikels by die Afrikaanse Wikipedia. Die artikels wat die meeste gewysig is, is onder meer "Alfabetiese lys van visse", "Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name" en "Jesus van Nasaret". In die berig word spesifiek gelet op Morné van Rooijen se belangstellings.

In 'n onderhoud geplaas op 6 en 13 Februarie 2016 in die Beeld en Volksblad onderskeidelik, sê prof. Gerhard van Huyssteen die navorsing wat in 2013 gedoen is dui dat byna 40% van Afrikaanse taalmense (vertalers, dosente, onderwysers) salig onbewus was van die Afrikaanse Wikipedia. Die Afrikaanse Wikipedia haal, wat artikeltal betref, die 86ste posisie uit 291 tale, met amper 40 000 artikels; gevolg, binne die Suid-Afrikaanse omgewing, deur Noord-Sotho met byna 3 000 artikels.Van Huyssteen, G.B. 2016. Begin deel jóú kennis in jóú taal. Beeld, 6 Feb. 2016, bl. 21.Van Huyssteen, G.B. 2016. Begin deel jóú kennis in jóú taal. Volksblad, 13 Feb. 2016

In Maart 2016 skuif Deon Steyn op die ontbytprogram, Dagbreek, op die KykNET-kanaal, agter die mikrofoon in.