Die Oos-Chinese See (Chinees: 東海/東中國海, pinyin: Dōng Hǎi, letterlik: "Oostelike See"; Koreaans: 동중국해/東中國海; Japannees: ひがしシナかい) is 'n see van die Stille Oseaan in Asië tussen die Republiek China op Taiwan in die suidweste, die Volksrepubliek China in die weste, Suid-Korea in die noorde asook die Japanse eilande Kioesjoe en Ryukyu-eilande in die ooste. Die Oos-Chinese See grens aan die Filippynse See in die suidooste. Die Oos-Chinese See word in die suidweste deur die Straat van Taiwan met die Suid-Chinese See en in die noordooste deur die Straat van Korea met die See van Japan verbind. Die see het 'n oppervlakte van sowat 750 000 km² en 'n gemiddelde diepte van 350 m.
duimnael|links|Ligging van die Oos-Chinese See duimnael|links|'n Uitsig oor die Oos-Chinese See vanaf Yeliou, Taiwan In Suid-Korea word die Oos-Chinese See soms "Suidelike See" genoem. Die noordelike deel van die see, tussen China en Korea, word Geelsee genoem.
Groot stede aan die see is Dalian, Hangzhou, Incheon, Nieu-Taipei, Qingdao, Sjanghai en Taoyuan en die belangrikste riviere wat in die see uitmond, is die Geelrivier in die noorde en die Yangtze verder suid.
Die Oos-Chinese See is onderworpe aan gebiedsgeskille tussen die Volksrepubliek China en Japan, wat in besonder betrekking het op ryk ondersese ruoliebronne, soos by die Senkaku-eilande.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Geografie van Japan Kategorie:Geografie van Suid-Korea Kategorie:Geografie van die Republiek China Kategorie:Geografie van die Volksrepubliek China Kategorie:Seë van Asië Kategorie:Seë van die Stille Oseaan