duimnael|200px|Byeboerdery, tacuinum sanitatis casanatensis (14de eeu) 160px|regs|duimnael|Heuningsoeker geskets op 'n 15 000 jaar oue grotskildery naby Valencia, Spanje.

Byeboerdery (of byeteelt) is mense se doelbewuste onderhouding van heuningby-kolonies, wat oorwegend in korwe plaasvind. 'n Byeboer (of byekundige) mag bye aanhou om heuning en byewas te versamel, of vir die doel om landbou-oeste te bestuif, of om bye te kweek vir verkoop aan ander byeboere. Bye word aangehou in 'n byehuis of in 'n byekamp.

Geskiedenis van byeboerdery Oorsprong Wêreldwyd is daar meer as 20 000 wilde byspesies, insluitende baie wat enkellopend is of wat hulle kleintjies grootmaak in tonnels en klein kolonies, soos die messelby of die hommelby. In Suid-Afrika is daar ander interessante byesoorte wat klein, primitiewe kolonies vorm, soos die angellose klein mopanie- en mokkabye. Ander bye is alleenlopers soos die houtkapperbye, wat hul neste in hout bou. Byeboerdery, of byeteelt, is gemoeid met die praktiese bestuur van die sosiale byspesies wat woon in kolonies so groot soos 100 000 individue. Die spesies wat orals bestuur word in Europa en die VSA deur byeboere is die Westerse heuningby (Apis mellifera), wat verskillende subspesies of streeksvariasies het, soos die Italiaanse by (Apis mellifera ligustica), Europese swartby (Apis mellifera mellifera) of die Carniolaanse heuningby (Apis mellifera carnica). In die trope word ander sosiale byspesies bestuur vir heuningproduksie, insluitende Apis cerana.

Al die Apis mellifera-subspesies kan moontlik uitteel en hibridiseer. Baie byteeltmaatskappye strewe om selektief te broei en kruisteelvariante vir gekose kwaliteite te lewer, soos pes- en parasietweerstand, goeie heuningproduksie, swermbeheer, vrugbare voortplanters en kalm geaardheid. Sommige van hierdie basters word bemark onder spesifieke handelsname, soos die "Buckfast Bee" of "Midnite Bee". Die voordele van die aanvanklike F1-basters wat deur kruisteelt gelewer word sluit in: baster-sterkte, verhoogde heuningproduksie en groter siekteweerstand. Die nadeel is dat in latere generasies hierdie voordele kan vervaag. Verder is basters geneig om baie beskermend te wees, indien nie suiwer aggressief nie.

Om hierdie redes probeer ander byetelers om die oorspronklike inheemse spesies te benut soos die British Black, die French Black of die Danish Black-by, tot voordeel van biodiversiteitsbewaring en die produksie van kalm bye. Die "inheemse by"-beweging is opmerklik in die VK (British Isles Bee Breeding Association; BIBBA), in Ierland (Galtee Bee Breeding Group) en in Denemarke.

Die oes van wilde heuning Die berowing van wilde byekolonies is een van die oudste menslike aktiwiteite en word nog steeds beoefen deur inboorlingstamme in dele van Afrika, Asië, Australië en Suid-Amerika. Van die vroegste bewys van heuningversameling van wilde kolonies word gevind in grotskilderye, wat dateer na omstreeks 13 000 v.C. Die roof van wildeby-heuning word normaalweg gedoen deur die kalmering van bye met rook en die oopbreek van bome en rotse waar die bye se nes is, met die gevolg dat die kolonie vernietig word.

Makmaak van wilde bye duimnael|Vlegters in Engeland maak tradisionele strooikorwe. Eens op 'n tyd het mense bye begin mak maak in kunsmatige byekorwe, naamlik hol boomstompe, houtkiste, kleivate en strooikorwe. Die makmaak van bye was goed ontwikkeld in Egipte en geseëlde heuningpotte is gevind in die grafskatte van Farao's soos Tutankhamun. Byeboerdery is ook beskryf deur die Romeinse skrywers Vergilius, Gaius Julius Hyginus, Varro en Columella. Aspekte van die by-woonwyse en byeboerdery is diepgaande bespreek deur Aristoteles.

Die argeoloog Amihai Mazar, van die Hebreeuse Universiteit in Jerusalem, sê dat vondse in die ruïnes van die stad Rehov (met 2 000 inwoners op sy tyd, Israelies en Kanaaniete) 30 heel korwe bevat het, en na 900 v.C. gedateer kan word, wat bewys dat 'n gevorderde heuningbedryf in die Heilige Land bestaan het in die tyd van die Bybel, 3 000 jaar gelede. Die byekorwe, gemaak van strooi en ongebakte klei is gevind in ordelike rye, drie stapels hoog, in 'n kamer wat tot 100 korwe kon bevat. Ezra Marcus, 'n kenner van Haifa-universiteit sê die vondse lewer 'n blik op antieke byeboerdery soos dit bekend is uit geskrifte en antieke kuns van die Nabye Ooste. Tekens van godsdienstige praktyke was opmerklik, weens 'n altaar versier met vrugbaarheidbeeldjies wat langs die byekorwe gevind is.Archaeologists discover ancient beehives

Die bepalende boek oor die geskiedenis van byeboerdery is 'The World History of Beekeeping and Honey Hunting' deur Eva Crane.The World History of Beekeeping and Honey Hunting deur Eva Crane. (Routledge 1999) # # , 720bls.

Die wetenskaplike studie van heuningbye Vir baie duisende jare van menslike byeboerdery was die mens se verstandhouding van die biologie en ekologie van bye baie beperk en besaai met bygeloof en volksoorleweringe. Antieke waarnemers het gedink dat die bykoningin eintlik 'n mannetjie was, die sogenaamde 'bykoning', en hulle het glad nie verstaan hoe bye vermenigvuldig nie. Dit was nie tot die 18de eeu dat Europese natuurwetenskaplikes die wetenskaplike studie van bykolonies onderneem het en die komplekse en versteekte wêreld van byebiologie begin verstaan het nie. Prominent onder hierdie wetenskaplike pioniers was Swammerdam (1637–1680), René de Réaumur (1683–1757), Charles Bonnet (1720–1793) en spesifiek die blinde Switserse wetenskaplike Francois Huber (1750–1831). Swammerdam en Réaumur was van die eerste om 'n mikroskoop en disseksie te gebruik om die interne biologie van die heuningby te verstaan. Reaumur was van die eerste om 'n glaskantige waarnemingskorf te bou om die aktiwiteite binne-in die korf beter waar te neem. Hy het opgelet dat die koningin haar eiers in oop selle lê, maar het geen idee gehad hoe die koningin bevrug was nie; niemand het al ooit die paring van die koningin en die hommelby waargeneem nie, met baie teorieë dat die koningin 'self bevrug' terwyl ander geglo het dat die hommelbye 'n damp of 'miasma' afgee wat die koningin bevrug sonder direkte fisiese kontak. Huber was die eerste om deur waarneming en eksperimentering te bewys dat die koningin fisies bevrug word deur hommelbye buite die korf, gewoonlik ver weg.

Huber het verbeterde glaskorwe (volgens Réaumur se ontwerp) gebou en ook deursnitkorwe, wat kon oopmaak soos die bladsye van 'n boek, om die indiwiduele waskoeke te inspekteer; dit het die direkte waarneming van aktiwiteite binne-in die korf grootliks verbeter. Alhoewel hy blind word voor hy twintig was, werk 'n sekretaris, Francois Burnens, vir hom en maak daaglikse waarnemings, voer noukeurige eksperimente uit, en hou akkurate notas oor 'n periode van twintig jaar. Huber bevestig dat 'n korf bestaan uit een koningin wat die moeder van al die vroulike werkers en manlike hommelbye is. Hy was die eerste wat bevestig het dat paring met die hommelbye buite die korf afspeel, en dat die koningin bevrug word deur talle suksesvolle parings met manlike hommelbye, hoog in die lug en ver van die korf. Saam het hy en Burnens bye onder die mikroskoop gedissekteer en was hulle van die eerstes om die eierstok en saadsak (spermatheca) van die koningin asook die penis van die manlike hommelby te beskryf. Huber word algemeen beskou as 'die vader van moderne bywetenskap' en sy 'Nouvelles Observations sur Les Abeilles' ("Nuwe Waarnemings oor Bye") 1792'Nouvelles Observations sur Les Abeilles', beskikbaar by Google Books. maak al die basiese wetenskaplike waarhede van die biologie en ekologie van die heuningby bekend.

Ontdekking van die beweegbare koekkorf Vroeë metodes van heuningversameling het die vernietiging van die hele kolonie behels tydens oesting. Daar is kru in die wilde korf ingebreek met rook om die bye te bedwelm en die heuningkoeke is uitgeskeur saam met die eiers, larwes en heuning wat hulle bevat. Die vloeibare heuning van die vernietigde broeines was ruweg gesif deur 'n sif of mandjie. Dit was vernielsugtig en onhigiënies, maar dit het nie vir die jagter-versamelaar gemeenskappe saakgemaak nie, aangesien die heuning normaalweg dadelik gebruik was en daar altyd nog wilde kolonies vir uitbuiting was. Vir gevestigde gemeenskappe het die vernietiging van 'n bykolonie egter die vernietiging van 'n waardevolle bate beteken; dié nadeel het bestaan tot die 19de eeu, wat byeboerdery beide oneffektief en 'n soort van ruk en sluk besigheid gemaak het. Daar kon geen aaneenlopende produksie en geen selektiewe broeiery wees nie, aangesien elke bykolonie vernietig was tydens die oes, tesame met die ou koningin. Gedurende die middeleeue was kloosters die middelpunt van byeboerdery aangesien byewas hoogs gesog was vir kerse, en gegiste heuning gebruik is om alkoholiese heuningbier te maak in streke van Europa waar wingerde nie wou groei nie.

regs|200px|duimnael|Lorenzo Langstroth (1810–1895) Die 19de eeu sien 'n omwenteling in byeboerdery-praktyk met die ontdekking en vervolmaking van die 'beweegbare koek-korf' deur Lorenzo Langstroth, 'n Italiaanse immigrant na die Verenigde State. Langstroth was die eerste persoon om prakties gebruik te maak van Huber's se vroeë ontdekking dat daar 'n sekere ruimtelik afstand tussen waskoeke bestaan (later genoem die "byspasie"), wat bye nie met was sal blok nie, maar sal hou as 'n oop spasie. Na bepaling van die "byspasie" (tussen 5 en 8 mm), het Langstroth 'n reeks houtrame ontwerp binne 'n reghoekige korfkis, versigtig die korrekte byspasie tussen opeenvolgende rame behou, en gevind dat bye ewewydige heuningkoeke in die kas bou sonder om die koeke aan mekaar of die kas se kant te las. Dit stel die byeboer in staat om die rame uit te haal vir inspeksie, sonder om die bye of koek te beskadig en die eiers, die larwes en papies binne-in die sel beskerm. Ook kan die heuningkoeke vol heuning versigtig verwyder word en die heuning uitgespin word sonder om die koek te vernietig. Die leë heuningkoeke kan dan heel terug gegee word aan die bye vir hervulling. Langstroth se klassieke boek, The Hive and Honey-bee (gepubliseer 1853), beskryf sy ontdekking van die "byspasie" en die ontwikkeling van die beweegbare koek-korf patent.

Die ontdekking van die beweegbare koekkorf bevorder die groei van kommersiële heuningproduksie op 'n groot skaal in beide Europa en die VSA.

Ontwikkeling van korfontwerpe Langstroth se ontwerp van beweegbare koekkorwe was deur byeboere en ontdekkers aan beide kante van die Atlantiese Oseaan aangegryp en 'n wye verskeidenheid beweegbare korwe was ontwerp en vervolmaak in Engeland, Frankryk, Duitsland en die Verenigde State. Klassieke ontwerpe het in elke land ontwikkel: Dadant- en Langstroth-korwe is steeds oorheersend in die VSA; in Frankryk het die Georges de Layens 'deur-korf' populêr geword en in die VK het die British National-korf so laat as die 1930's die standaard geword, terwyl die kleiner Smith-korf steeds in Skotland gewild bly. In die Skandinawiese lande en in Rusland het die gebruik van tradisionele 'deur-korwe' voortgeduur tot laat in die 20ste eeu, en word hulle steeds aangehou in sekere gebiede. Die Langstroth- en Dadant-ontwerpe bly egter alomteenwoordig in die VSA en ook in dele van Europa, alhoewel Swede, Denemarke, Duitsland, Frankryk en Italië almal hulle eie nasionale korfontwerpe het. Streeksvariëteite van korwe ontwikkel om die klimaat, blomproduksie en die reproduktiewe kenmerke van die verskeie subspesies van die plaaslike heuningby in elke bio-streek in ag te neem.