Die sekelblaarsuikerbos (Protea petiolaris petiolaris) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die spesie kom in Angola, Demokratiese Republiek die Kongo, Malawi, Mosambiek, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe voor. Die struik word tot 8 m hoog en blom van November tot Maart.
'n Brand vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word 9–12 maande nadat die blomme gevorm is losgelaat en word deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei op hoë hoogtes in woudland en bosagtige grasveld.
In Engels staan dit as die Sickle-leaf sugarbush bekend. Daar is ook 'n subspesie Protea petiolaris elegans.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies
Bronnelys Protea Atlas Zambia Flora Plants of the World Online
Kategorie:Protea Kategorie:Struike Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe