Douglas Gerald Hurley (gebore 21 Oktober 1966) is ’n Amerikaanse ingenieur, voormalige vlieënier van die Marinierskorps en tans ’n Nasa-ruimtevaarder. Hy was die vlieënier van die pendeltuigsendings STS-127 (Julie 2009) en STS-135 (Julie 2011), die laaste pendelvlug.

Hy is vir die derde keer die ruimte in gelanseer op 30 Mei as bevelvoerder van Crew Dragon Demo-2, die eerste bemande ruimtevlug vanaf Amerikaanse grondgebied sedert sending STS-135.

Hy was ook die eerste marinier om die F/A-18E/F Super Hornet te vlieg.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Geboortes in 1966 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse ruimtevaarders