Die Wemmershoekdam is een van die damme wat water verskaf vir munisipale en nywerheidsgebruik aan die Stad Kaapstad.
Hierdie dam in die Wemmershoekrivier by Franschhoek is in 1957 voltooi. Dit lê by 33° 50′ 1″ suid en 19° 5′ 20″ oos. Die Wemmershoekrivier is 'n sytak van die Bergrivier.
Die damwal is 518 m lank en 53 m hoog. As die dam vol is, beslaan die stumeer 'n oppervlakte van 2 960 km² en het dan 'n volume van 58 644 000 m³. Dan stoot die water 11 km op.
Sien ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika Wemmershoekberge
Bibliografie http://artefacts.co.za/main/Buildings/bldg_images.php?bldgid=14441#359350
Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Kaapstad