Die Mateku-waterval is 'n waterval wat noordoos van Lusikisiki in Pondoland, Suid-Afrika geleë is.

Hierdie waterval van 142 m lê in 'n digbebosde kloof van die Msikabarivier by die koördinate en op ‘n hoogte van 543 m bo seevlak. Alhoewel die waterval moeilik bereikbaar is, kan ‘n goeie uitsig op die val verkry word vanaf ‘n punt ‘n paar kilometer verby die afdraai na die Mateku-sendingstasie op die pad na Msikaba-mond. Dit is die moeite werd om te besoek na goeie reëval in die streek.

Ander watervalle in die gebied Magwa-waterval Mfihlelo-waterval Fraser-waterval Ntentule-waterval Mlambomkhulu-waterval (Waterfall Bluff)

Bibliografie wildcoastholidays.com/attractions/wild-coast-waterfalls, html

Kategorie:Watervalle in Suid-Afrika Kategorie:Oos-Kaap