Die Mfihlelo-waterval (ook bekend as die Mtihelo-waterval) in Pondoland aan die Wildekus val direk in die Indiese Oseaan.

Hierdie waterval is 5 km noord van die strandoord Embotyi (Mbotyi), ‘n paar kilometer van Waterfall Bluff en in die omgewing van Lusikisiki. Dit is by die ruitverwysing . Die Lapatana-natuurreservaat is binne loopafstand. Andersins is die val baie moeilik bereikbaar.

Die waterval is ‘n loodregte val van 160 m direk in die see en word beskryf as die hoogste val in die wêreld met hierdie unieke eienskap. Daar is slegs sewe watervalle wat direk in die Indiese Oseaan val.

Ander watervalle in die omgewing Mateku-waterval Magwa-waterval Fraser-waterval Ntentule-waterval Mlambomkulu-waterval (Waterfall Bluff)

Kategorie:Oos-Kaap Kategorie:Watervalle in Suid-Afrika