Aulax (kanariebosse) is 'n immergroen struikgenus wat tot die familie Proteaceae behoort. Daar is net drie spesies wat tot die genus hoort. Anders as die meeste genera van Proteaceae is die plant tweeslagtig met manlike en vroulike plante. Die blare is naaldagtig. In die lente en somer produseer die vroulike plante tregter-tipe blomkoppe, soortgelyk as die van die Leucospermum-genus, wat in saad keëls ontwikkel. Die mannetjie plant se blomme is geel.
Spesies Spesies wat hoort tot die genus is: Aulax cancellata (L.) Druce, 1753, 1914 - Geelveer Aulax pallasia Stapf, 1912 - Naaldblaarkanariebos Aulax umbellata (Thunb.) R.Br., 1781, 1810 - Veerkanariebos
Groeiwyse Die plante is taai en kan alles weerstaan: uiterste hitte, lae humuditeit en droogtes maar is ryp het 'n nadelige uitwerking op die plant. Soos die meeste Proteaceae plante groei hulle die beste in growwe grond met goeie dreinerig. Hulle plant voort met saad of met steggies wat in die laat somer of herfs gesny word.
Verwysings
Eksterne skakels
Botanica Sistematica