Tucker Swanson McNear Carlson (16 Mei 1969) is 'n Amerikaanse konserwatiewe joernalis, skrywer en politieke kommentator wat die aandprogram Tucker Carlson Tonight op Fox News van 2016 tot 2023 aanbied. Die eerste aflewering daarvan is deur 3,7 miljoen kykers gekyk.Tucker Carlson’s Fox News show debuts to phenomenal ratings, beats both CNN and MSNBC combined Business Insider, 15 November 2016
Carlson het in die negentigerjare 'n joernalis geword en vir die tydskrif The Weekly Standard geskryf. Hy was 'n kommentator op CNN vanaf 2000 tot 2005, en mede-aanbieder van die nuusdebatprogram Crossfire. Hierna was vanaf 2005 tot 2008 Carlson die aanbieder van die nagtelike program Tucker op MSNBC. Hy is sedert 2009 'n politieke ontleder by Fox News, en het as gas of gas-aanbieder op verskeie programme gedien voor die aanvang van sy huidige program. Carlson is die medestigter van The Daily Caller (2010), en het ook gedien as die aanvanklike hoofredakteur van dié konserwatiewe nuus- en meningswebwerf.
Carlson het twee boeke geskryf naamlik, die outobiografie getitel Politicians, Partisans and Parasites: My Adventures in Cable News (2003) en Ship of Fools: How a Selfish Ruling Class is Bringing America to the Brink of Revolution (2018).
Vroeë lewe en onderwys
Carlson is gebore as Tucker McNear Carlson in San Francisco, Kalifornië. Hy is die ouer seun van Richard Warner Carlson, 'n voormalige "Gonzo-verslaggewer", wat die regisseur van Voice of America, president van die Corporation for Public Broadcasting en die VSA ambassadeur tot die Seychelle geword het. Lenz, Lyz (5 September 2018). "The mystery of Tucker Carlson" , Columbia Journalism Review. Carlson se grootouers aan vaderskant was Richard Boynton en Dorothy Anderson, wat sy vader in 'n weeshuis geplaas het waar hy aangeneem is deur die Carlsons toe hy twee jaar oud was. Richard Carlson se aanneemvader was 'n wolmakelaar. Politics with Principle: Ten Characters with Character – By Michael J. Kerrigan.
Carlson se ma was die kunstenaar Lisa McNear (née Lombardi). Hy het ook 'n broer, Buckley Peck Carlson (later Buckley Swanson Peck Carlson), wat byna twee jaar jonger is en twee maande te vroeg gebore is.
Persoonlike lewe
Carlson is getroud met Susan Carlson (née Andrews). Hulle het mekaar ontmoet terwyl hulle leerlinge was aan St. George's skool, en is in 1991 in die hoërskoolkapel getroud. Hulle het drie dogters en een seun genaamd onderskeidelik Lillie (geb. 1995), Buckley (geb. 1997), Hopie (geb. 1999), en Dorothy.
Carlson behoort aan die Episcopal Church van die VSA en "is mal oor die liturgie, alhoewel hy die liberales wat die denominasie bestuur walglik vind."
Carlson het in 2002 opgehou om alkohol te drink, "nadat hy besluit het dat nóg die aangename nagte, nóg die onaangename oggende sy lewe verbeter het." Hy het jare vroeër opgehou rook en sigarette met nikotienkougom vervang, wat hy in grootmaat koop en "voortdurend kou".
Carlson is 'n "Deadhead" ('n aanhanger van die rockgroep "Grateful Dead") en het tydens 'n onderhoud in 2005 gesê dat hy meer as 50 van hul konserte bygewoon het.
Carlson se vervreemde ma, Lisa Vaughn, is in Oktober 2011 oorlede. Vaughn het vermoedelik intestaat gesterf, en in 2012 het Carlson en sy broer Buckley 'n regsgeding begin ten einde te bepaal wie op haar olie- en gas-tantième in verskeie Kaliforniese streke (counties) geregtig is. Die tantième is aanvanklik gewaardeer op meer as $ 125,000, maar dit is later bevind dat dit meer as $ 2,5 miljoen werd is. In 2013 is daar egter 'n handgeskrewe testament (bestaande uit slegs een bladsy) ontdek waarin Vaughn uitdruklik verklaar dat sy wil hê dat haar boedel slegs na haar man gaan, en dat Carlson en sy broer elk een dollar kry. Met ingang Maart 2019 was die regsgeding steeds op appèl.
Verwysings
Verdere leeswerk Lenz, Lyz. "The Mystery of Tucker Carlson," Columbia Journalism Review, September 5, 2018.
Eksterne skakels
Kategorie:Geboortes in 1969 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaners