duimnael|Tekstielstowwe wat met kleurstof afkomstig van die purperslak gekleur is Tiriese pers (Latin: purpura), ook bekend as Tiriese rooi, Feniciese pers, koninklike pers, imperiale pers of imperiale kleurstof, is 'n rooipers natuurlike kleurstof. Dit is 'n afskeiding wat deur verskeie spesies van predatoriese seeslakke, van die familie Muricidae, geproduseer word. Hierdie rotsslakke was oorspronklik onder die naam Murex (purperslakke) bekend. In die antieke tyd het die ekstraksie van die kleurstof tienduisende slakke vereis en die proses was baie arbeidsintensief, wat die kleurstof gevolglik baie waardevol gemaak het. Die belangrikste chemikalie is 6,6′-dibromoindigo.

Agtergrond Tiriese pers is moontlik vir die eerste keer in 1570 v.C. reeds deur die antieke Fenisiërs gebruik.McGovern, P. E. and Michel, R. H.; Royal Purple dye: tracing the chemical origins of the industry, Anal. Chem. 1985, 57, 1514A-1522A Daar word beweer dat die naam Fenisië moontlik "land van pers" beteken. In antieke tye is die kleurstof baie hoog aangeslaan, omdat die kleur nie maklik verbleik het nie, maar eerder helderder geword het wanneer dit aan sonlig blootgestel is en verweer het. Dit is in verskillende skakerings beskikbaar; die waardevolste skakering het soos swartgekleurde bloed gelyk. regs|duimnael|'n 20ste-eeuse voorstelling van Julius Caesar tydens 'n Romeinse triomftog. Caesar staan in die triomfwa en is geklee in die effekleurige Tiriese pers toga picta. Op die voorgrond kan twee Romeinse landdroste aan hul toga praetexta, wat wit met 'n streep Tiriese pers is, geïdentifiseer word. Aangesien dit besonder moeilik was om te vervaardig, was Tiriese pers baie duur. Volgens die geskiedskrywer Theopompus, wat in die 4de eeu v.C geleef het, was "purper vir kleurstowwe, by Colophon in Klein-Asië, die gewig in silwer werd". Omdat dit so duur was, het persgekleurde tekstielstowwe statussimbole geword waarvan die gebruik deur weeldewette beperk is. Die mees senior Romeinse magistrate het 'n toga praetexta, 'n wit toga met 'n Tiriese pers streep, gedra. Die selfs meer weelderige toga picta, was 'n toga waarvan die materiaal geheel en al Tiriese pers was. Die pers toga is met 'n goue streep afgerond. Hierdie besondere toga is deur Romeinse generaals tydens Romeinse triomftogte gedra.

Teen die vierde eeu n.C. het die Romeinse weeldewette so streng geword dat slegs die Romeinse keiser toegelaat is om Tiriese pers te dra. Gevolglik word 'pers' soms gebruik as 'n metoniem vir die keiserlike amp (bv. die uitdrukking 'het die pers aangetrek' het beteken dat die persoon die keiser geword het). Die produksie van Tiriese pers is tydens die daaropvolgende Bisantynse Ryk streng beheer, en deur die keiserlike hof gesubsidieer, wat die gebruik daarvan tot die kleur van koninklike systof beperk het. Later, tydens die 9de eeu, wanneer 'n kind van 'n regerende keiser gebore is, is daar gesê dat die kind "in die pers gebore" is.

Daar word gespekuleer dat die kleurstof wat by die <i id="mwXw">Bolinus</i> brandaris verkry word, in die Bybelse Hebreeus as argaman () bekend staan. 'n Ander kleurstof wat uit 'n verwante seeslak, Hexaplex trunculus, onttrek is, het na blootstelling aan lig 'n blou kleur opgelewer.Dit is moontlik die kleur wat as tekhelet () bekend staan, en die kleurstof wat gebruik word vir kledingstukke wat vir rituele doeleindes gedra is.

Produksie vanaf seeslakke links|duimnael| Pers gekleurde tekstielstowwe, met die kleurstowwe van verskillende soorte slakke afkomstig Die kleurstof is 'n slymafskeiding van die hipobranchiale klier van een van verskeie spesies van medium-grootte roofsugtige seeslakke wat in die oostelike Middellandse See voorkom. Die volgende seeslakke produseer die pers kleurstof: die marine buikpotiges Bolinus brandaris, die stekelrige purperslak (oorspronklik bekend as Murex brandaris Linnaeus, 1758), die gestreepte purperslak Hexaplex trunculus, die rotsskulp Stramonita hemastoom, en minder algemeen 'n aantal ander spesies soos Bolinus cornutus. Die kleurstof is 'n organiese verbinding van broom, 'n tipe verbinding wat gereeld in alge en in 'n ander seelewe voorkom, maar selde by landdiere teenwoordig is. regs|duimnael| Twee skulpe van Bolinus brandaris, die stekelrige purperslak, 'n bron van die pers kleurstof In die natuur gebruik die slakke die afskeiding as deel van hul roofsugtige gedrag om prooi te verdoof en as 'n antimikrobiese voering op eiermassas.Because of research by Benkendorff et al. (1999), the Tyrian purple precursor tyrindoleninone is being investigated as a potential antimicrobial agent with uses against multidrug resistant bacteria. Die slak skei hierdie stof ook af as dit deur roofdiere aangeval word, of fisies deur mense geantagoniseer en gepla word. Die kleurstof kan verkry word deur die slakke te "melk", wat meer arbeidsintensief is, maar 'n hernieubare bron is, óf deur die slakke te versamel en dit vernietigend te vergruis. David Jacoby merk op dat “twaalfduisend slakke van Murex brandaris hoogstens 1,4 g suiwer kleurstof oplewer, wat slegs genoeg is om die versiersel van 'n enkele kledingstuk te kleur."

Wêreldwyd is daar baie ander spesies binne die familie Muricidae, byvoorbeeld Plicopurpura pansa, ; see pp. 406–407. Note: Gould called this species Purpura pansa ; it was later renamed Plicopurpura pansa. van die tropiese oostelike Stille Oseaan, en Plicopurpura patulaPlicopurpura patula was originally named Buccinum patulum by Linnaeus in 1758: uit die Karibiese gebied van die westelike Atlantiese Oseaan, wat ook 'n soortgelyke stof produseer ('n duursame pers kleurstof wat gevorm word wanneer dit aan sonlig blootgestel word). Hierdie vermoë is histories ook soms deur plaaslike inwoners in die gebiede waar hierdie slakke voorkom uitgebuit. (Dit wil voorkom asof sommige ander predatoriese buikpotiges, soos sommige wenteltrapslakke van die familie Epitoniidae, ook 'n soortgelyke stof produseer, maar dit is nog nie bestudeer of kommersieel uitgebuit nie.) Die hondewulkslak Nucella lapillus, uit die Noord-Atlantiese Oseaan, kan ook gebruik word om rooipers- en violetkleurige stowwe te produseer.

Koningsblou Die Feniciërs het ook 'n diepblou kleurstof gemaak, waarna soms as koningsblou of hiasintepers verwys is, en wat van 'n nouverwante spesie marine slak vervaardig is. regs|duimnael| Bisantynse keiser Justinianus I, in 'n Tiriese pers kleed, 6de-eeuse mosaïek in die Basilika van San Vitale, Ravenna, Italië Die Feniciërs het 'n aanvullende produksiefasiliteit op die Iles Purpuraires by Mogador in Marokko opgerig. Die seeslak wat by hierdie westelike Marokkaanse kleurstofproduksie-aanleg geoes is, was Hexaplex trunculus, ook bekend onder die ouer naam Murex trunculus. In 1758, Linnaeus classified the snail as Murex trunculus:

Hierdie tweede spesie purperslak word deesdae by die Middellandse See en die Atlantiese kus van Europa en Afrika (Spanje en Portugal, Marokko en die Kanariese Eilande) aangetref.

Geskiedenis Die kleurvaste kleurstof was 'n luukse handelsitem; die Romeine het dit as baie waardevol beskou en dit gebruik om seremoniële gewade soos togas te kleur. As kleurstof het die kleur gewissel van blou (piekabsorpsie by 590 nm, wat geeloranje is) tot rooipers (piekabsorpsie by 520 nm, wat groen is). Daar word geglo dat die pers tint in intensiteit toegeneem het, eerder as om, namate die gekleurde tekstielstof verouder het, te verbleik. Vitruvius meld die produksie van Tiriese pers kleurstof uit skulpvis. In sy Geskiedenis van diere het Aristoteles die skulpvis waaruit die Tiriese pers verkry is beskryf, sowel as die proses waarvolgens die weefsel wat die kleurstof opgelewer het, verkry is. Plinius die ouere het die produksie van Tiriese pers in sy Natuurgeskiedenis soos volg beskryf: The problem with Tyrian purple is that the precursor reacts very quickly with air and light to form an insoluble dye. (Hence Pliny says: "... when [the shellfish] have once discharged their waxy secretion, their juices have no consistency. ...") The cumbersome process that Pliny describes is necessary to reverse the oxidation and to restore the water-soluble precursor so that large masses of wool can be dyed. See: See also: C. J. Cooksey (2001) "Tyrian purple: 6,6’-Dibromoindigo and Related Compounds," Molecules, 6 (9) : 736–769, especially page 761. Indigo, which is chemically very similar to Tyrian purple, behaves similarly. See: http://www.indigopage.com/chemistry.htm Die gunstigste seisoen vir die optel van hierdie [skulpvis] is na die opkoms van Sirius, of andersins voor die lente; want wanneer hulle vir die eerste keer hulle wasagtige sekresie afgeskei het, is die sappe nie meer konsekwent nie. Dit is egter 'n feit wat nie in die werkswinkels waar die kleurstowwe berei word, bekend is nie, hoewel dit van kardinale belang is. Nadat die aar [dit wil sê die hipobranchiale klier], waarvan ons voorheen al gepraat het, onttrek is, moet sout ('n sextarius tot elke honderd pond sap), bygevoeg word. Dit is voldoende om die mengsel vir drie dae, en nie langer as dit nie, te laat week, omdat hoe varser dit is, hoe beter is die kwaliteit van die kleurstof. Dit word daarna in tin- of loodhouers gekook. Elke honderd amforae behoort by 'n matige hitte afgekook te word na vyfhonderd pond kleurstof. Die houer waarin dit gekook word, is aan die einde van 'n lang tregter, wat in kontak is met die vuurherd, sodat terwyl die vloeistof kook, die boonste laag, en daarmee saam die vleis, wat noodwendig aan die are kleef, van tyd tot tyd afgeskep kan word. Teen ongeveer die tiende dag is die hele inhoud van die kookpot in 'n vloeibare toestand, waarop 'n vel, waarvan die vet verwyder is, in die vloeistof gegooi word om die kleur te toets. Die vloeistof word egter aan die kook gehou totdat die kleur na wense is. 'n Tint wat na rooi neig, word as minderwaardig beskou teenoor 'n meer swarterige tint. Die wol word vir vyf uur in die vloeistof geweek, en nadat dit gekaard is, word dit weer in die mengsel gegooi, totdat dit die verlangde kleur ten volle geabsorbeer het. Argeologiese gegewens uit Tirus dui daarop dat die slakke in groot vate versamel is en gelaat is om te ontbind. Dit het 'n afskuwelike stank afgegee wat inderdaad deur antieke skrywers vermeld is. Daar is nie veel bekend oor die daaropvolgende stappe nie, en die werklike antieke metode vir die massavervaardiging van die twee purperslakkleurstowwe is nog nie suksesvol gerekonstrueer nie. Die spesiale vloeistof wat die kleur van swart, gestolde bloed gehad het, is as die mees waardevolle van al die kleure geag, en is vermoedelik verkry deur die tekstiefstof twee maal in kleurvate te doop; eers in die indigo kleurstof (H. trunculus) en daarna in die persrooi kleurstof van B. brandaris. links|duimnael|280x280px| Hercules se hond ontdek pers kleur, deur Theodoor van Thulden, c. 1636 Die Romeinse mitograaf Julius Pollux wat in die 2de eeu geskryf het, het beweer (Onomasticon I, 45–49) dat die pers kleurstof vir die eerste keer deur die filosoof Hercules van Tirus ontdek is, of eerder deur sy hond, wie se bek pers was toe hy aan slakke langs die kus van Tirus gekou het. Hierdie verhaal is deur Peter Paul Rubens in sy skildery Hercules se hond ontdek pers kleur uitgebeeld, en is later in 'n meer volledige skildery, wat op Rubens se sketse gebaseer was, deur Theodoor van Thulden uitgebeeld. Volgens John Malalas het die voorval tydens die bewind van die legendariese koning Phoenix van Tirus, die gelyknamige voorvader van die Feniciers plaasgevind, en daarom was hy die eerste heerser wat die pers van Tirië gedra het en wetgewing oor die gebruik daarvan daargestel het. John Malalas, Chronographia II:9.