duimnael|Jan Brueghel the Elder (1568-1625), Ruiker (1599). Sommige van die vroegste voorbeelde van 'n stillewe is skilderye van blomme deur die Vlaamse Renaissance-skilders. Stillewe-skilderye (insluitend vanitas), is 'n spesifieke genre, wat sy grootste betekenis in die Goue Era bereik het. duimnael|Juan Sanchez Cotán, Stillewe met Groente en Vrugte (1602), Museo del Prado Madrid 'n Stillewe (meervoud: stillewes) is 'n kunswerk wat tipies alledaagse/natuurlike voorwerpe uitbeeld, (kos, blomme, dooie diere, plante, klippe, skulpe). Dit kan ook lewelose/mensgemaakte onderwerpe wees (glase, boeke, vase, juweliersware, muntstukke, pype).Langmuir, 6
Die oorsprong van hierdie kuns het begin by die Middeleeue en die Antieke Grieks-Romeinse tyd, stillewes het as 'n afsonderlike genre tot stand gekom. 'n Voordeel van die stillewe kunsvorm is dat dit die kunstenaar toelaat om te eksperimenteer met verskillende rangskikkings terwyl verskillende verftegnieke ook 'n opsie is. Stillewe, as 'n bepaalde genre, het by Vlaamse skilderye van die 16de en 17de eeu begin en die woord stillewe is afgelei van die Nederlandse woord stilleven. Vroeë stillewe skilderye, spesifiek voor 1700, het meestal godsdienstige en allegoriese simboliek gedra met betrekking tot die keuse van voorwerpe in die skildery. Later is stillewe kunswerke gemaak met 'n verskeidenheid mediums en tegnologie, soos foto's, rekenaar grafika, asook video -en klankmateriaal.
Stillewe behels ook die skilder van dooie diere, veral wilde diere. Lewendige diere word as dierekuns beskou, alhoewel hulle ook meestal geverf word vanaf dooi modelle. Omdat stillewes plante en diere insluit as 'n onderwerp, is die stillewe kategorie ook deel van botaniese illustrasies. Alhoewel, met visuele of fyn kuns, is die onderwerp nie daaraan onderworpe om korrek geïllustreer te word nie.
Stillewe het die laagste rang beklee in die hiëragie van genres, maar is uiters gewild onder kopers. Gewoonlik is die beelde in 'n stillewe ten doel gestel om iets van die lewe uit te beeld.Langmuir, 13–14 Die trompe-l'œil skildery is 'n gespesialiseerde tipe styl van stillewe, waar lewelose plat voorwerpe gewoonlik die onderwerp is en die kunswerk is so realities gedoen dat dit die kyker kan mislei.Langmuir, 13–14 and preceding pages
Oorsprong en ontwikkeling duimnael|Stillewe van 'n 2de-eeuse mosaïek, met vis, pluimvee, dadels en groente uit die Vatikaan museum links|duimnael|Glas bak met vrugte en vase. Romeinse muurskildery in Pompeii (rondom 70 NC), Napels Nasionale Argeologiese Museum, Napels, Italië Stillewes is dikwels gebruik om die binnekante te versier in die antieke Egiptiese grafte. Daar was geglo dat die kos voorwerpe en ander items wat uitgebeeld is in die hiernamaals werklik sou word en beskikbaar sou wees vir die oorledene. Antieke Griekse vase met kunswerke van alledaagse voorwerpe en diere op, is ook 'n voorbeeld van gespesialiseerde vaardigheid.Peiraikos is genoem deur Plinius die Ouere as 'n paneel skilder van die "lae" onderwerpe, soos mosaïek weergawes en provinsiale muur skilderye by Pompeii: "haarkappers se winkels", stalletjies, esels, eetgoed en soortgelyke onderwerpe".Book XXXV.112 of Natural History
Stillewes gee 'n realistiese perspektief en die intensie is meestal vir dekoratiewe doeleindes, soos gevind teen die Romeinse muurskilderye en die vloermosaïek wat opgegrawe is by Pompeii, Herculaneum en die Villa Boscoreale, asook die latere bekende motief van 'n glas bak met vrugte. Dekoratiewe mosaïk ("emblema"), is gevind in die ryk Romeine se huise gevind, dit demonstreer ook die reeks van kos wat deur die hoër sosiale klas geniet is en dit is ook 'n simboom van gasvryheid en die vieringe van die lewe se seisoene.Ebert-Schifferer, p. 19
Teen die 16de eeu het kos en blomme weer verskyn as simbole van die lewe en die vyf sintuie. 'n Simbool wat ook in die Romeinse tyd begin gebruik was, was die skedel, wat mortaliteit en aardse oorblyfself simboliseer het, dikwels ook gepaardgaande met die aanhaling: Omnia mors aequat (die dood maak almal gelyk).Ebert-Schifferer, p.22 Hierdie beelde is hervertolk deur die afgelope 400 jaar van kunsgeskiedenis en dit het begin by Nederlandse skilders rondom 1600.Ebert-Schifferer, p.137
Die gewilde waardering van die realisme van die stillewe hou verband met die Antieke Griekse legende van Zeuxis en Parrhasius, wat volgens oorlewering gekompiteer het om die mees lewensgetroue voorwerpe te skep, wat die vroegste beskrywings van die trompe-l'œil skildery is.Ebert-Schifferer, p. 16Soos Plinius die Ouere aangeteken is in Romeinse tye, was Griekse skilders reeds eeue voor dit gevorder in portret skilderwerk, genre skilderwerk en stillewe.Ebert-Schifferer, p. 15
Middeleeue en Vroeë Renaissance duimnael|Hans Memling (1430-1494), Vaas met Blomme (1480), Museo Thyssen-Bornemisza, Madrid. Volgens sommige geleerdes is die Vaas met Blomme gevul met godsdienstige simboliek.Memlings Portraits exhibition review, Frick Collection, NYC . Retrieved March 15, 2010. Deur 1300, met Giotto as voorganger, het stillewes herleef in 'n vorm van fiktiewe en godsdienstige muurskilderye, wat alledaagse voorwerpe ingesluit het.Ebert-Schifferer, p.25 Deur die Middeleeue en die Renaissance, was stillewe hoofsaaklik 'n toevoegsel tot die Christelike geloof. Dit was veral die geval in die werke van die Noord-Europese kunstenaars, wat gefassineerd was met hoogs gedetailleerde optiese realisme en simboliek - dit het hulle gelei om baie aandag aan hul skilderye te skenk en op die algehele boodskap.Ebert-Schifferer, p. 27 Skilders soos Jan van Eyck het dikwels elemente van stillewe gebruik as deel van 'n ikonografiese program.
In die laat Middeleeue het stillewe meestal blomme, maar ook diere en soms lewelose voorwerpe, geskilder met 'n verhoging in realisme. Modelle en tegnieke is ontwikkel om skilders ook te help om kunswerke op 'n groter skaal te verf. Daar was 'n definitiewe oorvleueling tussen die kunstenaars wat klein weergawes gemaak het en die wat muurpanele geverf het, veral in die vroeë Nederlandse kunswerke. Die Hours of Catherine of Cleves, is 'n skildery wat heel moontlik in Utrecht rondom 1440 gemaak is, en is 'n uitstaande voorbeeld van hierdie tendens. Vlaamse werkswinkels het later in hierdie eeu het naturalisme selfs verder geneem. Gotiese millefleur tapisserieë is nog 'n voorbeeld van die algemene toenemende belangstelling in akkurate uitbeeldings van plante en diere. Die stel van The Lady and the Unicorn is die bekendste voorbeeld, wat ontwerp is in Parys rondom 1500 en is toe later in Vlaandere geweef.
Die ontwikkeling van olieskildery tegniek deur Jan van Eyck en ander Noord-Europese kunstenaars het dit moontlik gemaak om alledaagse voorwerpe op hierdie hiper-realistiese wyse te verf, waar verskillende lae verf oormekaar aangewend word.Ebert-Schifferer, p. 26 Onder die eerstes om weg te breek van skilderye met 'n godsdienstige betekenis, was Leonardo da Vinci, wat waterverf studies van vrugte geskep het (rondom 1495) as deel van sy rusteloos ondersoek van die natuur, Albrecht Dürer is ook bekend vir sy presiese vermenging van kleure vir sy tekeninge van flora en fauna.Ebert-Schifferer, p. 39, 53
Petrus Christus se portret van 'n bruid en bruidegom wat 'n goudsmid besoek is 'n tipiese voorbeeld van 'n oorgang van stillewe met godsdienstige en sekulêre inhoud. Die boodskap was meestal allegories, die mense se figure was realisties en die voorwerpe wat gewys is soos muntstukke en bloedvate, maar die goudsmid is eintlik 'n uitbeedling van St. Eligius en die voorwerpe dra simboliek. Nog 'n voorbeeld van 'n soortgelyke tipe skildery, is die familie portret met gekombineerde figure by 'n tafel met kos, wat die vroomheid van mense simboliseer wat God dank vir hul kos in oorvloed.Ebert-Schifferer, p. 41 Rondom hierdie tyd is eenvoudige stillewes geverf aan die buitekante van luike, wat privaat gewyde skilderye was.Ebert-Schifferer, p. 15 Nog 'n stap in die rigting van die outonome stillewe was die verf van simboliese blomme in blompotte aan die agterkant van sekulêre portrette rondom 1475.Ebert-Schifferer, p. 31 Jacopo de' Barbari het nog 'n stap verder geneem met sy stillewe, Still Life with Partridge and Gauntlets (1504), wat as een van die vroegste trompe-l'œil stillewes gereken word en wat die minimale godsdienstige inhoud bevat. , wat bevat'n minimale godsdienstige inhoud.Ebert-Schifferer, p. 34
Latere Renaissance duimnael|Joachim Beuckelaer (1533-1575), Kombuis toneel, met Jesus in die huis van Martha en Maria in die agtergrond (1566), 171 × 250 cm (67.3 × 98.4 in).
Sestiende eeu Hoewel meeste stillewes na 1600 relatief klein skilderye was, was dit 'n kritiese stadium in die ontwikkeling van die genre. Meeste van die tradisie rondom die genre was gesentreer rondom Antwerpen, van die "monumentele stillewe", wat groot skilderye was en dikwels diere ingehad het. Dit was ontwikkeling deur Pieter Aersten wie se A Meat Stall with the Holy Family Giving Alms (1551, nou Uppsala), 'n inleiding was tot die tipe skildery wat vandag nog skok. Nog 'n voorbeeld is die van The Butcher Shop deur Aersten se nefie, Joachim Beuckelaer (1568), met die realistiese weergawe van rou vleis, met die agtergrond wat die gevare van dronkenskap en ontug uitbeeld. Die kombuis en marktonele wat Pieter Aertsen en sy nefie Joachim Beuckelaer uitgebeeld het, was altyd van kombuisware en Vlaamse kombuis-slavinne. 'n Klein godsdienstige toneel kon altyd uitgemaak word in die agtergrond, of 'n tema soos die van Vier Seisoene is bygevoeg om die onderwerp uit te lig. Hierdie soort grootskaalse stillewes het voortgegaan om in Vlaamse kuns te ontwikkel na die skeiding van die Noorde en die Suide, maar dit is skaars in Nederlandse skilderye, hoewel ander kunswerke in hierdie tydperk meer geleun het op die tipiese genre skildery.Slive, 275; Vlieghe, 211–216
Geleidelik het godsdienstige inhoud verminder in grootte en plasing in hierdie tipe skildery, hoewel morele lesse voortgegaan het as sub-kontekste.Ebert-Schifferer, p. 45 Een van die relatief min Italiaanse werke in die styl was, Annibale Carracci se hantering van die dieselfde onderwerp in 1583 metButcher's Shop, en dit het begin om weg te beweeg van morele boodskappe.Ebert-Schifferer, p. 47 Vincenzo Campi het moontlik die Antwerpen styl na Italië gebring in die 1570's. Die tradisie is voortgesit in die volgende eeu, met verskeie werke deur Ruben, wat meestal stillewes en elemente van diere gesubkontrakteer het na meesters soos Frans Snyders en sy leerling Jan Fyt. Teen die tweede helfte van die 16de eeu, het die stillewe baie ontwikkel.Ebert-Schifferer, p.38 duimnael|Michelangelo Merisi da Caravaggio, Fruitbasket (1595-96), olie op doek, 31 x 47 cm Die 16de eeu getuig van 'n ontploffing van belangstelling in die natuurlike wêreld en die skepping van uitbundige botaniese encyclopædias en die opname van ontdekkings van die Nuwe Wêreld en Asië. Dit ook gelei tot die begin van wetenskaplike illustrasies en klassifikasies van spesies. Natuurlike voorwerpe is begin as individuele voorwerpe waardeer en is apart bestudeer van godsdiens en mitologiese verenigings. Die vroeë wetenskap van kruiemiddels het in hierdie tyd begin, wat ook 'n praktiese uitvloeing was van die kennis en in vorm van stillewes geïllustreer is. Daarbenewens het die rykes begin om die opname van diere en minerale spesies te onderteken en in die proses is 'n uitgebreide kabinet van aantreklikhede geskep.
Hierdie monsters het gedien as modelle vir skilders wat gestrewe het daarna om realisme nuwe betekenis te gee. Skulpe, insekte, eksotiese vrugte en blomme is begin versamel en verhandel en nuwe plante soos die tulp (ingevoer na Europa uit Turkye) is gevier in stillewes.Ebert-Schifferer, pp. 54–56