Die Koningin-Elizabeth-eilande (Engels: Queen Elizabeth Islands; Frans: Îles de la Reine-Élisabeth) is die noordelikste eilandgroep van die Kanadese Arktiese Argipel. Dit is in die Arktiese Oseaan noordwes van Groenland geleë. Die Koningin-Elizabeth-eilande beslaan 'n oppervlakte van 419 061 km² en maak deel uit van die twee Kanadese gebiede Nunavut en die Noordwestelike gebiede. In teenstelling met sy groot oppervlakte is dit min bevolk; net Ellesmere-eiland beskik oor 'n klein bevolking, van die ander eilande is onbewoon. Die Koningin-Elizabeth-eilande word in die suide deur die Lancaster-sund en die Viscount-Melville-sund van die ander eilande van die Kanadese Arktiese Argipel geskei en is in 1953 na koningin Elizabeth II genoem, toe sy ook monarg van Kanada geword het.
Die Koningin-Elizabeth-eilande grens in die noordweste aan die Arktiese Oseaan en in die ooste aan Groenland. Hulle bevat sowat 14% van die wêreldwye gletsers en met ys bedekte gebied (sonder die yslae van Groenland en Antarktika). Vervolgens word die gebied sterk deur aardverwarming geraak.
Hoofeilande duimnael|links|Die Koningin-Elizabeth-eilande en omliggende gebiede in Noord-Kanada: Naam Ligging* Oppervlakte Oppervlakte rang Bevolking(2001) Wêreld Kanada Ellesmere-eiland NU 196 235 km² 10 3 168 Devon-eiland NU 55 247 km² 27 6 0 Axel-Heiberg-eiland NU 43 178 km² 32 7 0 Melville-eiland NT, NU 42 149 km² 33 8 0 Bathurst-eiland NU 16 042 km² 54 13 0 Prins Patrickeiland NT 15 848 km² 55 14 0 Ellef-Ringnes-eiland NU 11 295 km² 68 16 0* NT = Noordwestelike gebiede, NU = Nunavut
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Argipels