Die Levantynse See is die oostelike deel van die Middellandse See. Dié see van die Middellandse See is tussen Anatolië in die noorde, Wes-Asië in die ooste en Noord-Afrika in die suide geleë.
duimnael|links|Afbakening van die Levantynse bekken duimnael|links|Die hawe van Haifa, Israel, langs die Levantynse See, soos vanaf Karmelberg gesien Dit grens in die noordweste aan Griekeland, in die noorde aan Turkye, in die weste aan Sirië, Libanon, Israel en Palestina, asook in die suide aan Egipte. In die noordweste sluit die Egeïese See en in die suidweste die Libiese See aan. Die eiland Siprus is in die Levantynse See geleë. Die see is genoem ná die Levantgebied langs die ooskus.
Van die belangrikste hawestede rondom die Levantynse See sluit in Alexandrië in Egipte, Beiroet in Libanon, Gasa in Palestina en Tel Aviv in Israel. Die belangrikste rivier wat in die see uitmond is die Nylrivier. Sedert 1869 word die Levantynse See deur die Suezkanaal met die Rooisee verbind.
Die Levantynse See is sedert antieke tye al 'n belangrike handelsgebied. Van die eerste handelsmagte was die Fenisiërs, wat rondom die see, maar ook orals in die Middellandse See handel gedryf het.
Gedurende die Oudheid is die gebied tussen die Karpatiese See en die Egiptiese kus Mare Aegyptum of Egiptiese See genoem. Handbuch der alten Geographie, Leipzig 1844, bl. 21 Die gebied langs die ou Fenisië of die huidige lande Sirië, Libanon, Israel en Palestina is die Fenisiese See Carte de la Méditerranée du VIIe au Ve siècle av. J.-C.: Mer de Phénicie of in Latyn, Mare Phoenicium genoem. William Smith, LLD, Ed.: Dictionary of Greek and Roman Geography (1854), PHOENI´CIA
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Landvorme van Israel Kategorie:Geografie van Egipte Kategorie:Geografie van Griekeland Kategorie:Geografie van Libanon Kategorie:Geografie van Palestina Kategorie:Geografie van Siprus Kategorie:Geografie van Sirië Kategorie:Geografie van Turkye Kategorie:Seë van die Middellandse See Kategorie:Seë van Afrika Kategorie:Seë van Asië