Die Bredasdorpstompie (Mimetes saxatilis) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Mimetes behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom slegs voor naby Bredasdorp vanaf Pearly Beach tot by Struisbaai. Die struik is regop en word 2.25 m hoog en dra blomme van Julie tot Desember. Dis 'n tipiese kalksteenfynbosspesie wat kommersieel geoes word.

In Engels staan dit as die Limestone Pagoda bekend.

Galery

Bronnelys REDLIST Sanbi Biodiversityexplorer Protea Atlas Plants of the World Online

Verwysings

Kategorie:Mimetes Kategorie:Struike Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika