Die vaalstompie (Mimetes argenteus) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Mimetes behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom voor vanaf die Hottentots-Hollandberge tot by Franschhoek tot by Riviersonderendberge. Die struik is regop en word 3.5 m hoog. Die struik dra blomme van Maart tot Junie.

Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Twee tot ses maande nadat dit geblom het, val die vrugte af en miere versprei die sade. Hulle stoor die sade in hul neste. Die plant is tweeslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei op suidelike hellings op hoogtes van 600-1 500 m.

In Engels staan dit as die Silver Pagoda bekend. Die boom se FSA-nommer is 72.7.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronnelys REDLIST Sanbi Protea Atlas Biodiversityexplorer PlantZAfrica Plants of the World Online

Kategorie:Mimetes Kategorie:Struike Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika