__NOTOC__ Die grootgeelbos (Leucadendron eucalyptifolium) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies tot die Wes- en Oos-Kaap, waar dit in die Potberg, Riversdalvlakte, Langeberg, Outeniekwaberge, Tsitsikammaberge, Kougaberge, Elandsberg, Swartberg, Waboomsberg, Warmwaterberg, Touwsberg, Rooiberg en Soetwaterberg voorkom. Die struik word 4 m hoog en dra blomme van Julie tot Oktober.

Brande vernietig die plante maar hul sade oorleef. Die sade word in 'n tol op die vroulike plant geberg en word na 'n brand vrygestel waarna dit dan deur die wind versprei word. Die plant is eenslagtig en daar is manlike- en vroulike plante. Die aktiwiteite van klein kewers verseker dat die plante bestuif word. Die plant groei hoofsaaklik in sandsteen-sand op hoogtes van 160 - 1400 m.

In Engels staan dit as die gum-leaved conebush bekend. Die boom se FSA-nommer is 81.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronnelys REDLIST Sanbi PlantzAfrica Biodiversityexplorer Protea Atlas Plants of the World Online

Eksterne skakels

Kategorie:Leucadendron Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika