Die louriertolbos (Leucadendron laureolum) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap, waar dit voorkom vanaf die Kaapse Skiereiland tot by Potberg asook Riviersonderend. Die struik word 2 m hoog en dra blomme in Junie.
Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die sade word geberg in 'n tol op die vroulike plant en word vrygelaat na 'n brand waar dit dan deur die wind versprei word. Die plant is eenslagtig en daar is manlike- en vroulike plante. Die aktiwiteite van klein torre verseker dat die plante bestuif word. Die plant groei hoofsaaklik in sanderige grond hoogtes van 0-1000 m.
In Engels staan dit as die Golden Sunshinebush bekend.
Galery
Bronnelys REDLIST Sanbi PlantzAfrica Protea Atlas Biodiversityexplorer Plants of the World Online
Eksterne skakels
Kategorie:Leucadendron Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika