duimnael|300px|The Black Crook was 'n treffer in 1866. Die musiekteater kan beskou word as 'n afdeling van teater wat liedjies, dialoog, optrede en dans kombineer in een uitvoering. Die storie en emosionele inhoud van die musiekteater – humor, patos, liefde, woede – word by wyse van woorde, musiek, beweging en die tegniese aspekte van vermaak as 'n geïntegreerde geheel gekommunikeer. Alhoewel musiekteater oorvleuel met ander teatervorms soos opera en dans, kan dit onderskei word deurdat musiek die toonaangewende rol speel teenoor die bykomende elemente. Sedert die vroeë 20ste eeu, is musiekteateruitvoerings eenvoudig musiekblyspele genoem.

Alhoewel musiek deel vorm van dramatiese aanbiedings sedert die antieke tye, het die moderne Westerse musiekteater eers in die 19de eeu na vore gekom, met baie strukturele elemente soos in die werke van Gilbert en Sullivan in Brittanje en dié van Harrigan en Hart in Amerika. Dit is gevolg deur die talle Edwardiaanse musiekkomedies en die musiekteaterstukke van Amerikaanse skeppers soos George M. Cohan aan die begin van die 20ste eeu. Die Princess Teater-musiekblyspele (1915-1918) en ander vertonings soos Of Thee I Sing (1931) was ver voor hul tydgenote wat vermaak aanbetref en dit het gelei tot baanbrekerswerke soos Show Boat (1927) en Oklahoma! (1943). Sommige van die mees bekende musiekblyspele deur die dekades wat gevolg het, sluit in West Side Story (1957), The Fantasticks (1960), Hair (1967), A Chorus Line (1975), Les Misérables (1985), The Phantom of the Opera (1986), Rent (1996), The Producers (2001), Wicked (2003) en Hamilton (2015).

Musiekblyspele word regoor die wêreld uitgevoer. Dit kan aangebied word in die groot teaters, soos Broadway in New York City of West End in Londen, waar 'n ruim begroting al die uitgawes kan dek. Alternatiewelik kan musiekblyspele ook opgevoer word in kleiner plekke, soos streeksteaters, of gemeenskapsteaters of produksies wat van plek tot plek toer. Musiekblyspele word dikwels aangebied deur amateurgroepe en skoolgroepe in kerke, skole en ander plekke.

Definisies en omvang

Boekmusiekblyspele duimnael|A Gaiety Girl (1893) was een van die eerste treffers onder musiekblyspele. Sedert die 20ste eeu word die "boekmusiekblyspel" gedefinieer as 'n musiekspel waar liedere en danse ten volle geïntegreer is in 'n goeie storie met ernstige dramatiese doelwitte wat in staat is om ware emosies op te roep, eerder as net lag. Die drie belangrikste komponente van 'n boekmusiekblyspel is die musiek, lirieke en storie. Die boek of teks van 'n musiekblyspel verwys na die storie, die ontwikkeling van karakters en dramatiese struktuur, insluitend die gesproke dialoog en verhoogaanwysings, maar dit kan ook verwys na die dialoog en die lirieke saam, wat soms na verwys word as die libretto (Italiaans vir "klein boek"). Die musiek en lirieke vorm saam die aanslag van 'n musiekblyspel en sluit liedjies, toevallige musiek en musiektonele in, die opeenvolging van musiektonele gekombineer gewoonlik met dialoog. Die interpretasie van 'n musiekblyspel berus by die kreatiewe span, die direkteur, die musiekdirekteur, gewoonlik 'n choreograaf en soms 'n orkesmeester. 'n Musiekblyspel produksie word ook gekenmerk aan die kreatiewe tegniese aspekte soos die stel ontwerp, kostuums, die verhoogtoerusting (props), beligting en klank.

Die kreatiewe span, ontwerpe en interpretasies oor die algemeen neig gewoonlik weg van die oorspronklike produksie om aan te pas by 'n unieke gehoor en samevatting. Sommige elemente van die produksie kan egter behou word van die oorspronklike produksie, byvoorbeeld, Bob Fosse se choreografie in Chicago.

Daar is geen vaste lengte vir 'n musiekblyspel nie. Dit kan wissel van 'n kort eentoneelvertoning tot verskeie tonele wat etlike ure duur. Meeste musiekblyspele se vertonings is 'n gemiddeld van drie-uurlange vermaak, met 'n kort pouse tussenin. Die eerste toneel stel gewoonlik al die karakters bekend, asook meeste van die musiek en dit eindig gewoonlik met 'n dramatiese komplot in die dialoog. Die tweede toneel stel 'n paar nuwe liedjies bekend en van die onopgeloste konflik van die eerste toneel word hanteer. 'n Boekmusiekblyspel word gewoonlik rondom ses hooftemas gebou, wat later in die vertoning na die oppervlak syfer. Gesproke dialoog word oor die algemeen afgewissel tussen musiekitems, hoewel 'n sangdialoog ook gebruik kan word, veral in musiekblyspele soos Jesus Christ Superstar, Falsettos, Les Misérables, Evita en Hamilton. Verskeie korter musiekblyspele is die afgelope dekades op Broadway en in die West End as een toneel aangebied.

Oomblikke van die grootste dramatiese intensiteit in 'n boekmusiekblyspel word dikwels uitgevoer in die liedjie. Spreekwoordelik, "wanneer die emosie te sterk word vir spraak, word daar gesing; wanneer dit te sterk raak vir die lied, word daar gedans."Wattenberg, Ben. The American Musical, Part 2, PBS.org, 24 Mei 2007, verkry 7 Februarie 2017 In 'n boekmusiekblyspel, word die lied geskryf volgens die karakter en die omliggende situasie van die storie; alhoewel daar al kere in die geskiedenis was waar musiekblyspele se intergrasie tussen musiek en storie vaag was.

The New York Times se kritikus Ben Brantley beskryf die ideale lied in die teater wanneer hy die 2008-herlewing van Gypsy se resensie skryf: "Daar is geen skeiding tussen die lied en karakter nie, wat gewoonlik gebeur in daardie seldsame oomblikke wanneer musiekblyspele 'n opwaartse toneel bereik om die hele prentjie te onthul."Brantley, Ben. "Curtain Up! It's Patti's Turn at Gypsy", The New York Times, 28 Maart 2008, besoek 26 Mei 2009 Tipies word baie minder woorde gesing in 'n vyfminute-liedjie as wat daar gepraat word in 'n vyfminute-dialoogstuk. Daar is dus minder tyd om drama te ontwikkel in 'n musiekblyspel as in 'n reguit spel van ekwivalente lengte, aangesien 'n musiekblyspel gewoonlik meer tyd bestee aan musiek as aan die dialoog. Binne die saamgeperste aard van 'n musiekblyspel, moet die skrywers die karakters asook die storie ontwikkel.

Die materiaal wat aangebied word in 'n musiekblyspel kan oorspronklik wees, of dit kan aangepas word van romans: (Wicked en Man of La Mancha), tonele: (Hello, Dolly! en Carousel), klassieke legendes: (Camelot), historiese gebeure: (Evita) of films (The Producers en Billy Elliot). Aan die ander kant is baie suksesvolle musiekteaterwerkstukke al aangepas vir musikale films, soos West Side Story, My Fair Lady, The Sound of Music, Oliver! en Chicago.

Vergelykings met opera links|duimnael|George Gershwin Musiekteater is nou verwant aan opera, maar die twee word gewoonlik onderskei deur 'n aantal faktore. Eerstens het musiekblyspele oor die algemeen 'n groter fokus op gesproke dialoog. Sommige musiekblyspele word regdeur gesing, terwyl sommige operas, soos Die Towerfluit, en die meeste operettes, 'n paar onbegeleide dialoogdele bevat. Tweedens, sluit musiekblyspele gewoonlik meer dans in as 'n noodsaaklike deel van die storie, veral deur die hoofkunstenaars sowel as die koor. Derdens, gebruik musiekblyspele dikwels verskillende genres van gewilde musiek of ten minste gewilde sang en musiekstyle.Anthony Tommasini. "Opera? Musical? Please Respect the Difference", The New York Times, 7 Julie 2011

Ten slotte, vermy musiekblyspele gewoonlik sekere operakonvensies. In die besonder, word 'n musiekblyspel byna altyd uitgevoer in die gehoor se taal. Musiekblyspele wat vervaardig word op Broadway of in die West End, byvoorbeeld, word altyd in Engels gesing, selfs as hulle oorspronklik in 'n ander taal geskryf is. Terwyl 'n operasanger hoofsaaklik 'n sanger en sekondêr 'n akteur is (en selde nodig het om te dans), is 'n musiekteaterkunstenaar dikwels eerstens 'n akteur, maar moet ook 'n sanger en danser kan wees. Komponiste van musiek vir musiekblyspele oorweeg dikwels om die vokale eise van rolle aan te pas vir kunstenaars. Vandag in groot musiekteaters, word daar oor die algemeen van mikrofone en versterking gebruik gemaak, waar dit nie die geval sou wees met 'n opera nie.Gamerman, Ellen. "Broadway Turns Up the Volume", The Wall Street Journal, Ellen, 23 Oktober 2009

Sommige werke (bv. deur George Gershwin gebruik, Leonard Bernstein en Stephen Sondheim) is gemaak in beide "musiekteater" en "opera" produksies."Porgy and Bess: That old black magic" The Independent, 27 Oktober 2006Lister, David. "The Royal Opera opens a window on Sondheim", The Independent, 5 April 2003 Net so is 'n paar ouer operettes of ligte operas (soos The Pirates of Penzance deur Gilbert en Sullivan) is vervaardig met moderne aanslae wat die uitvoerings soos musiekblyspele hanteer. Vir sommige produksies is die styl van vervaardiging, net so belangrik soos die inhoud van van die teks.

Sondheim het gesê, "ek dink regtig dat wanneer iets by Broadway speel is dit 'n musiekblyspel, en wanneer dit in 'n operahuis speel is dit 'n opera. Dit is dit. Dit is die terrein en die verwagting van die gehoor wat dit definieer."White, Michael. "Something for the weekend, sir?", The Independent, London, 15 Desember 2003 Daar bly steeds 'n oorvleueling tussen ligter operas en meer komplekse musiekblyspele. In die praktyk is dit moeilik om te onderskei tussen die twee genres van musikale teater, insluitend: musikale opvoering, musikale komedie, operette en ligte opera.Kowalke, Kim H. "Theorizing the Golden Age Musical: Genre, Structure, Syntax" in A Music Theoretical Matrix: Essays in Honor of Allen Forte (Part V), ed. David Carson Berry, Gamut 6/2 (2013), pp. 163–169

Soos opera, is die sang in die musikale teater gewoonlik vergesel deur 'n instrumentale ensemble, wat 'n put orkes genoem word, hierdie orkes is geleë in 'n verlaagde gebied aan die voorkant van die verhoog. Terwyl opera tipies gebruik maak van 'n konvensionele simfonie-orkes,is musiekblyspele oor die algemeen georkestreerd vir ensembles wat wissel van 27 spelers af na net 'n paar spelers. Rock musiekblyspele maak gewoonlik gebruik van 'n klein groep rock instrumente, en sommige musiekblyspele mag dalk slegs van 'n klavier en twee bykomende instrumente gebruik maak.Show index with links to orchestration information , MTIshows.com Die musiek in musiekblyspele maak gebruik van 'n reeks verskeidenheid invloede, onder andere operette, klassieke tegnieke, volksmusiek, jazz en die plaaslike of historiese style wat geskik is vir die omgewing. Musiekblyspele kan begin met 'n inleiding wat gespeel word deur die orkes wat dan bekende melodieë se uittreksels bevat.

Oosterse tradisies en ander vorme duimnael|Chinese operakunstenaars Daar is verskeie Oosterse teatermusiektradisies soos die Chinese opera, Taiwanese opera, Japannese Noh en Indiese musiekteater, insluitend Sanskrit drama, Indiese klassieke dans, Parsi teater en Yakshagana.Gokulsing, 2004, p. 98. Indië het, sedert die 20ste eeu, talle musiekfilms vervaardig en word na verwys as "Bollywood" musiekblyspele en in Japan is 'n reeks van 2.5 D musiekblyspele wat gebaseer is op die gewilde anime en manga strokiesprente ontwikkel in die afgelope dekades.

Korter of vereenvoudigde "junior" weergawes van baie musiekblyspele is beskikbaar vir skole en jeuggroepe, en baie kort werke geskep of aangepas vir kinderopvoerings word mini-musiekblyspele genoem."Mini Musicals" , labyrinth.net.au, Cenarth Fox, 2001, accessed 22 January 2010"Theatre Latte Da takes foray into mini-musical form" , Star Tribune, 30 Maart 2002

Geskiedenis

Vroeë voorlopers van musikale teater