Die Savusee (Indonesies: Laut Sawu) is 'n see aan die weste van die Stille Oseaan in Suidoos-Asië. Dit lê tussen Soemba in die weste, Flores in die noorde en Timor in die ooste net suid van die ewenaar. Die Savusee grens in die noorde aan die Floressee, in die noordooste aan die Bandasee, in die suidooste aan die Timorsee en in die suidweste aan die oop Indiese Oseaan.

duimnael|links|Ligging van die Savusee Die see het 'n oppervlakte van sowat 105 000 km² en 'n maksimale diepte van 3 470 m. Die Savusee is na die eiland Savu genoem, wat in die suide van dié see geleë is. Dit is binne die Maleise argipel geleë en al die eilande behoort tot die Klein-Soenda-eilande. Dit is ongeveer 650 km van oos na wes, en ongeveer 200 km van noord na suid.

Byna die hele kus van die Savusee behoort aan die eilandnasie Indonesië en net 'n klein deel in die noordooste behoort aan Oos-Timor. Die grootste nedersetting aan die Savusee is Koepang op die Indonesiese deel van die Timor-eiland.

Eksterne skakels

Kategorie:Geografie van Indonesië Kategorie:Geografie van Oos-Timor Kategorie:Seë van Asië Kategorie:Seë van die Stille Oseaan