C/2020 F8 (SWAN), of Komeet SWAN, is ’n komeet wat op 25 Maart 2020 ontdek is op foto's deur die SWAN-kamera aan boord van die SOHO-ruimtetuig.

Die komeet het ’n skynbare magnitude van 8 gehad toe dit 1,2 AE van die Aarde af in die sterrebeeld Beeldhouer te sien was deur 'n teleskoop. Dit kon toe in uitbarstingsmodus en ryk aan waterstof gewees het. Dit sou na verwagting in Mei 2020 ’n magnitude van 4 in die oggendlug bereik, maar sou naby die gloed van die Son met sonsopkoms wees.

Op 12 Mei 2020 het die komeet sowat 0,56 AE van die Aarde af verbybeweeg. Omstreeks 27 Mei 2020 het dit sy perihelium (naaste afstand aan die Son) bereik. Hierna het die komeet baie dof geword en het dit nie 'n sigbare kern gehad nie. Dit het waarskynlik gedisintegreer.

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Komete