C/2019 Y4 (ATLAS), of Komeet ATLAS, is ’n komeet met ’n byna-paraboliese wentelbaan wat op 28 Desember 2019 deur die ATLAS-opname ontdek is. Vroeë voorspellings wat op sy helderheid gebaseer is, het aangedui die komeet kan 'n magnitude van 0 bereik, net so helder soos die ster Vega. Dit het baie dekking in die media gekry vanweë sy groot toename in helderheid, maar omstreeks 2 April 2020 het die komeet begin disintegreer. Dit het al hoe dowwer geword en is op 21 Mei 2020 laas gesien.Sulke opbrekings is algemeen onder Kreutz-sonskeerders.
Beskrywing C/2019 Y4 (ATLAS) was die helderste komeet van 2020 toe dit ’n skynbare magnitude van sowat 7 gehad het. (2019Y4 Chart) Dit was met ’n teleskoop te sien in die sterrebeeld Kameelperd. Dit het op 23 Mei 2020 op sy naaste punt aan die Aarde gekom en op 31 Mei die naaste aan die Son (sy perihelium).
Op 6 April 2020 het sterrekundiges op die internetdiens The Astronomer's Telegram aangekondig dat Komeet ATLAS moontlik aan die opbreek is. Dit het toe wel opgebreek, in minstens vier stukke,Philipp Keller (Astrooptik) RC 900mm F/10 moontlik as gevolg van ontgassing. Nasa het daarna aangekondig die Hubble-ruimteteleskoop het op 20 April omtrent 30 stukke geïdentifiseer en op 23 April sowat 25 stukke.
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Komete